Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE: FINANSIËLE BEAMPTE
Sluitingsdatum: 31 Desember 2022.
Diensaanvaarding: 1 Februarie 2023 of 1 Maart 2023.
’n Pos vir ’n finansiële beampte is beskikbaar by die NG Kerk Durbanville-Bergsig. Persone word genooi om aansoek te doen.
GEMEENTEPROFIEL:
Durbanville-Bergsig is in Durbanville (Wes-Kaap) geleë en bedien ongeveer 3 500 belydende en 1 500 dooplidmate. Die geskikte kandidaat sal verantwoordelik wees vir alle verantwoordelikhede ten opsigte van die gemeente se finansies in samewerking met die Finansiële Kommissie (FK).
KWALIFIKASIE EN ONDERVINDING:
- Toepaslike tersiêre kwalifikasie met Rekeningkunde.
- Ten minste een jaar ondervinding van Pastel of ander gepaste boekhoudingstelsel.
- Boekhouding tot proefbalansvlak.
- Verkieslik kennis van kerkadministrasie en vermoë om programme wat in kerk gebruik word aan te leer.
POSBESKRYWING:
Die belangrikste sluit die volgende in:
- Rekordhouding van finansiële transaksies op gepaste boekhoudingprogram.
- Finansiële verslaggewing aan kerkraad, bedieninge en uitreikprojekte.
- Bank en kontanthantering.
- Hantering van uitbetalings en inbetalings en debietorderstelsel.
- In beheer van debietkaart en Yoco-masjien.
- Geloofgelofte-offers (GGO) administrasie en rekordhouding.
- Hulp met die opstel van jaarlikse begroting.
- Hantering van jaarlikse oudit saam met die ouditeure.
- Hulp by fondsinsamelings.
- Byhou van die personeel se verlofregister.
Daar kan van die werknemer verwag word om enige ander pligte wat nie in die posbeskrywing uiteengesit is nie, en wat billik is, te verrig.
FINANSIËLE BEAMPTE PROFIEL:
Die belangrikste sluit die volgende in:
- Verkieslik ’n lidmaat van die NG Kerk te wees en ook ’n lidmaat van Bergsig te word.
- Rekenaarvaardig te wees en minstens vertroud te wees met Excel, Word en PowerPoint.
- Goeie kommunikasievaardigheid, goeie menseverhoudings, vriendelikheid en hulpvaardigheid te toon.
- Werksure: vyf dae per week vanaf 8:00 tot 15:00 (35 ure).
- Vorige ervaring in finansies sal in die kandidaat se guns tel.
- Finansiële agtergrondklaring en geen kriminele rekord nie.
VERGOEDING:
Vergoedingspakket sal volgens ervaring bepaal word en nie meer as die maksimum sinodale riglyn skaal wees nie.
AANSOEKE:
Belangstellendes moet asseblief ’n e-pos stuur aan dvk@bergsigdv.co.za met die volgende inligting:
- ’n Volledige CV.
- Drie toepaslike referente.
’n Kortlys van kandidate sal na sluitingsdatum opgestel word en sodanige kandidate sal gekontak word vir ’n onderhoud.
VERTROULIKHEID:
Alle inligting wat voorsien word sal as vertroulik hanteer word slegs vir die doeleindes waarvoor dit ingewin word. Neem kennis dat die inligting gedeel word binne verskillende afdelings van NG Kerk Durbanville-Bergsig en dat hiermee toestemming gegee word dat Bergsig die inligting kan prosesseer. NG Kerk Durbanville-Bergsig voldoen aan die vereistes van die Wet op die Beskerming van Persoonlike inligting, Wet 4 van 2013 “POPIA”.
ALGEMEEN:
Alle navrae kan gerig word aan bogenoemde e-posadres.
Alle kandidate sal teen 13 Januarie 2023 laat weet word of hulle suksesvol/onsuksesvol was.
Durbanville-Bergsig Gemeente behou haar die reg voor om geen aanstelling te maak nie.
