Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE: VASTETERMYNPOS (DRIE JAAR) VIR ’N DEELTYDSE LERAAR
In afhanklikheid van die Here wag ons aansoeke in vir die bovermelde pos.
KRUGERWILDTUIN-GEMEENTE
Krugerwildtuin-gemeente is ’n klein interkulturele en inklusiewe gemeente in Skukuza. Daar is ongeveer 50 volwasse lidmate en gereelde besoekers en 17 kinders in die gemeente. Tydens eredienste word in Afrikaans en Engels gekommunikeer. Lidmate en gereelde besoekers kom uit verskillende kerklike agtergronde. Die bediening aan kinders, binne en buite die gemeente, staan sentraal in die werksaamhede van die gemeente.
DIE FOKUS VAN DIE GEMEENTE
Daar is potensiaal vir numeriese groei en groei in die invloed van die gemeente in die gemeenskap en die Kruger Nasionale Park. Daarom is die gemeente se visie vir die volgende vyf jaar: “’n Dissipelmakende gemeente in Skukuza wat almal dien en seën”. Ten einde uitdrukking aan die visie te gee, is die missie om met die kinderbediening as basis, brûe te bou na God, mekaar, die wêreld en die skepping.
DIE TAAK VAN DIE DEELTYDSE LERAAR
Die leraar is op ’n deeltydse basis verantwoordelik vir al die verantwoordelikhede en take soos beskryf in Artikel 9 van die Kerkorde. Die prioritisering van take en die optimale praktiese uitvoering daarvan as ’n deeltydse leraar, word saam met die kerkraad onderskei en vasgestel in die lig van die visie en missie van die kerkraad.
DIE PROFIEL VAN DIE DEELTYDSE LERAAR
Naas die basiese eienskappe en vaardighede wat vir enige koninkrykgerigte leraar in ’n gemeente geld, sal die volgende spesifieke eienskappe en vaardighede in die guns van ’n leraar tel:
Gemaklike en warme interaksie met mense van alle kulture, godsdienstige en kerklike tradisies en sosiale stand.
Passie vir dissipelmakende interaksie met ongelowiges, kerkloses en nuwe gelowiges.
Ervaring van, of blootstelling aan effektiewe kinder- en familiebedieninge.
Spontane netwerker en bouer van vennootskappe.
Administratief effektief.
VERGOEDING VAN DIE DEELTYDSE LERAAR
Die vergoeding is 50% van ’n leraarspos op vlak 10 vir voltydse predikante en sluit die volgende in:
R18 800 per maand waarby reis- en kommunikasietoelae ingesluit is.
50% van mediese toelaag en pensioen.
Gratis huisvesting met weeklikse dienste (1 dag) van huis- en tuinwerkers.
AANSOEK
’n Aansoek sluit in ’n CV (maksimum drie bladsye), twee referente, opname van een preek of oordenking in Afrikaans en Engels, en ’n voltooide vraelys wat per e-pos aangevra word. Kandidate moet vir ’n virtuele onderhoud beskikbaar wees. Vraelyste word aangevra en aansoeke gestuur na: pastor.krugerkerk@gmail.com.
Aansoeke sluit 4 Januarie 2023.
NAVRAE
Dr R van Velden: 082 857 4368; pastor.krugerkerk@gmail.com
