Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE: MEDELERAAR (DRIE JAAR VASTETERMYNPOS)
(met die fokus op Kinder-, Jeug- en Gesinsbediening)
Het jy ’n passie om kinders, tieners, studente en jong volwassenes met die evangelie van Jesus te bedien? Is huisgeloof en die bemagtiging van huisgesinne om die Here te dien iets wat jou na aan die hart lê? Dan is hierdie ’n geleentheid vir jou om jou passie en gawes te kan uitleef as deel van ons Garsfontein-geloofsfamilie. Jy sal – met die ondersteuning van die jeugwerker – verantwoordelik wees vir die bestuur en uitbou van die kinder-, jeug- en gesinsbediening van die gemeente. As medeleraar sal jy ook (as deel van die leraarspan) verantwoordelik wees vir die geestelike leiding, toerusting en versorging van die gemeente.
Garsfontein-gemeente is geleë in die Ooste van Pretoria, en bestaan uit ongeveer 2 100 lidmate. Ons staan bekend as “die gemeente in die stad met die groot hart”. Ons gemeente se visie is: Deur Christus; Met mekaar; Na die wêreld. Ons glo dat ’n gemeente ’n geloofsfamilie is, waar almal welkom is en liefgehê word. Ons glo dat daar in ons geloofsfamilie mense met verskillende spiritualiteite en gawes is, maar wat steeds dieselfde passie moet hê vir God en God se koninkryk. Hartlikheid, eensgesindheid, getrouheid en betrokkenheid is belangrike kenmerke van ons geloofsfamilie. Ons wil hierdie waardes uitleef deur die volgende vier gebruike:
Aanbid saam – Kuier saam – Groei saam – Dien saam.
Die Here het opwindende drome in ons hart geplaas vir die toekoms van ons gemeente, en ons glo dat ons kinder-, jeug- en gesinsbediening ’n belangrike fokuspunt in die realisering van hierdie drome moet wees. In Garsfontein-gemeente is die jeug nie die toekoms van die gemeente nie, maar reeds ’n belangrike deel daarvan.
Hoe lyk die geskikte kandidaat?
• ’n Gelegitimeerde proponent of leraar. Vorige ervaring met kinder-, jeug- en gesinsbediening sal in jou guns tel.
• Jy het ’n opregte verhouding met die Here en het die Here passievol lief met jou hele hart, siel, krag en verstand.
• Die Bybel is die fondasie waarop jy jou hele lewe bou.
• ’n Persoon van integriteit.
• Jy het ’n passie en gawe vir die bediening van die Woord aan kinders, jongmense en hulle ouers.
• Jy is ’n persoon vir wie verhoudings baie belangrik is.
• ’n Persoon met passie en visie, wat nie net die kinder-, jeug- en gesinsbediening van die gemeente in stand wil hou nie, maar wil opbou en uitbou.
• Jy het die leierseienskappe om mense te kan bestuur en is self ’n spanspeler.
• Jy vereenselwig jou met die visie en waardes van die gemeente. (sien ook ons webblad).
Vergoedingspakket
’n Vergoedingspakket ooreenkomstig die sinodale riglyne word aangebied – op die eerste salariskerf.
Indien hierdie advertensie met jou hart praat, nooi ons jou om aansoek te doen sodat ons meer van jou kan weet en jou kan ontmoet.
Stuur asb ’n volledige CV (met ten minste drie onlangse relevante referente), asook ’n kort bekendstellingsvideo van jou (waarin jy ons ook kortliks vertel wie jy is en waarom jy aansoek doen) aan: bestuur@nggars.org.za
Sluitingsdatum vir aansoeke: 27 Januarie 2023.
Aanstellingsdatum: April 2023 (of so gou as moontlik daarna).
Vir meer inligting kontak ons bedryfsbestuurder: Neels van Heerden (082 497 7160 of bestuur@nggars.org.za) of ons leraar: Dr Jaco Barnard (082 302 9807 of jaco@nggars.org.za).
Garsfontein-gemeente behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.
