Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE: SAAKGELASTIGDE
Die NG Gemeente Vrede maak hiermee die vakature vir ’n saakgelastigde bekend.
Opsommende verantwoordelikhede:
’n Breë spektrum van administratiewe pligte wat kerkraads- en kommissievergaderings (agendas, notules), gemeenteregisters en -lyste, praktiese reëlings en skakeling, kopieer- of drukwerk, en ander algemene administratiewe pligte insluit.
Die finansiële administrasie van die gemeente, insluitende krediteure, salarisse, rekeningkundige pligte (tot op proefbalans) en verslae.
Kerkkantoorure is een voldag en drie halfdae per week.
’n Uitgebreide pligtestaat is op aanvraag beskikbaar.
Vereistes:
Bewese rekenaarvaardigheid.
Bewese vaardigheid in finansiële boekhouding.
Goeie menseverhoudinge.
Ingestel op uitnemende dienslewering.
Vergoeding:
Vergoeding wat goed vergelyk met die gemiddelde vergoeding van saakgelastigdes van kleiner gemeentes in die NG Kerk, word aangebied, op ’n TKVI basis.
Aansoek:
Stuur gerus u aansoek, vergesel van ’n volledige CV, na ngkerkvrede@vodamail.co.za.
Sluitingsdatum: 15 Desember 2022 om 13:00.
Diensaanvaarding so spoedig moontlik na die sluitingsdatum vir aansoeke.
Persoonlike navrae kan gerig word aan me Carin van Aswegen (huidige saakgelastigde) by 072 339 9888, of dr Dirk Venter (leraar) by 082 784 5826.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
