Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Medeleraarspos
Met groot opgewondenheid en in biddende afhanklikheid van die Here stel die kerkraad van die NG Gemeente Witbank-Suid ’n medeleraarspos bekend. Ons nooi gelegitimeerde predikante en proponente om vir hierdie pos aansoek te doen.
Wie is ons?
Die NG Kerk Witbank-Suid is ’n gemeente in Witbank wat uit ongeveer 800 lidmate bestaan. Die helfte van die lidmate is jonger as 40 jaar oud. Die gemeente is ’n pastorale grootte met die bedieningsbehoeftes van ’n pastorale grootte gemeente. Die bedieningsmodel wil ’n gesins-/familie-vriendelike kultuur in die gemeente skep. Deur die gemeente se intergenerasionele bedieningsmodel wil ons dat alle ouderdomme en verskillende soorte families tuis kom.
Ons fokus
Die NG Kerk Witbank-Suid wil onder die leiding van die Heilige Gees ons roeping uitleef met ons visie “Vloei en lewe Christus.”
Aansoekers moet oor die volgende beskik:
·’n Gelegitimeerde van die NG Kerk, met ’n gesonde waardering vir die gereformeerde tradisie.
· Gemaklik in ’n span kan saamwerk.
· Saam met die huidige leraar en kerkraad die vestiging en uitbou van ’n geïntegreerde, intergeneratiewe gesins-/familiebediening sal behartig.
· Saam met die huidige leraar en kerkraad die vestiging en uitbou van kerkwees in die gemeenskap sal behartig (Missionaliteit).
· Passie vir huisbesoek, siekebesoek en pastorale versorging van alle lidmate is belangrik.
· ’n Geesvervulde, energieke leraar wat alle ouderdomme passievol kan bedien.
· Skrifgetrou en dinamies preek met ’n aanvoeling vir liturgie en aanbidding.
· Aanvoeling en liefde vir kerkmusiek en sang sal in die aansoeker se guns tel.
· Wye spektrum van bedieninge in gemeente kan hanteer.
· Rekenaarvaardig wees en moet in staat wees om nuwe tegnologie in die bediening te gebruik. Vaardig in die gebruik van sosiale en multimedia.
· Meelewend is en die gemeente met die nodige deernis, liefde en sorg sal dien.
· Oor natuurlike leierseienskappe beskik ten einde die personeel, kerkraad en gemeente te kan lei.
· Die suksesvolle kandidaat moet daarna strewe om op datum te bly met beste praktyke in die bediening as leraar.
· Uitvoering gee aan die ampspligte soos dit in Artikel 9 van Kerkorde vervat is.Indien jy 35 jaar of jonger is en kans sien om saam met ons op hierdie geloofsreis te stap, nooi ons jou om aansoek te doen vir die pos.
Vergoeding en voordele: Vergoedingspakket ooreenkomstig sinodale riglyne waarby behuising en vervoer ingesluit is. Die pakket sal gestruktureer word volgens die behoefte van die leraar tot en met kerf 7.
Aansoek: ’n CV (maksimum drie bladsye) met die name en kontakbesonderhede van drie onlangse referente en ’n onlangse preek op WhatsApp of YouTube (indien moontlik). Aansoekers sal ’n bedieningsgerigte vraelys ontvang wat ook voor die sluitingsdatum voltooi en ingedien moet word. Die vraelys kan van die kerkkantoor by 013 656 4362 of ngkwsuid@lantic.net (Ma-Vr 08:00-12:30) aangevra word. Jou CV moet ook ’n foto van jouself insluit. Stuur asb die aansoek per e-pos na die Saakgelastigde, NG Gemeente Witbank-Suid, ngkwsuid@lantic.net.
Deur die indiening van hulle CV’s, gee kandidate toestemming dat die inligting soos vervat in hulle CV, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing deur die NG Kerk Witbank-Suid vir die beroepingsproses gebruik kan word.
Die sluitingsdatum vir ontvangs van jou CV is 13 Januarie 2023. Die kerkraad kan jou dan nooi vir ’n preekbeurt en onderhoud.
Navrae: Voorsitter van die kerkraad: Chrisjan Boshoff (082 940 9471); Voorsitter van Diensverhoudinge: Frede van Wyk (082 494 8679); Leraar: Dr Maans van Zijl (082 784 0884); Saakgelastigde: Florrie de Waal 013 656 4362 (Kerkkantoorure).
Diensaanvaarding: Maart/April 2023.
Die kerkraad behou die reg voor om sonder opgaaf van redes nie ’n aanstelling/beroep uit enige van die aansoekers te doen nie.
