Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG WITRIVIER

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Medeleraar

Sluitingsdatum: 10 Januarie 2023.

Die NG Gemeente Witrivier, wat funksioneer as ’n voorstedelike familiegemeente in die Laeveld van Mpumalanga van ongeveer 1 300 belydende en dooplidmate, met een leraar en twee wat emeriteer, nooi gelegitimeerdes van die NG Kerk uit om aansoek te doen vir ’n voltydse medeleraarspos.

Gemeenteprofiel:
• Die gemeente se karakter en visie is om ’n Oase van Jesusliefde te wees wat streef na passievolle aanbidding van die Here, hartlike versorging van mekaar en om hulp en hoop te bring aan mense in ons omgewing.
• Die gemeente het uitdagings soos ’n voortdurende behoefte aan herlewing, twee leraars wat emeriteer en belewenis van ’n herstelproses na Covid-19.

Posprofiel:
Daar sal van die geskikte gelegitimeerde leraar verwag word om verantwoordelikheid te aanvaar vir alle fasette van gemeentewerk soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde. Daar sal verder van hom/haar verwag word om onder andere oor die volgende eienskappe te beskik:
• ’n persoon wat jonger is as 45 jaar;
• inspirerende effektiewe Skrifgetroue prediking vir verskillende teikengroepe met vaardighede in interaktiewe bediening in ’n digitale wêreld en aanlyn bediening;
• uitreike en jongmensbediening;
• pastorale versorging van lidmate: sieke en huisbesoek volgens reëlings in die gemeente.

Vergoeding:
Billike vergoeding sal aangebied word wat voldoen aan die sinodale riglyne (Oostelike Sinode) en wat behuising of alternatiewelik, ’n behuisingsubsidie insluit.

Aansoeke:
• Leraars wat belangstel om aansoek te doen, word uitgenooi om ’n e-pos te stuur na beroeping2023@witriviergemeente.com, vanwaar u die maklike prosedure en skakel na die aanlyn aansoekvorm sal ontvang.
• Aansoeke wat nie voldoen aan die vereistes soos gestel in die aanlyn aansoekvorm nie, sal ongelukkig nie oorweeg word nie.
• Kortlyskandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud op 27 of 28 Januarie 2023, asook bereid wees om psigometriese toetse op hierdie datums te ondergaan.
• Die beroepingvergadering van die kerkraad is geskeduleer vir 16 Februarie 2023 en diensaanvaarding word verwag op 1 April 2023.

Rig asseblief enige navrae aan die voorsitter: Pre-advieskomitee by corrie@ljattorneys.co.za

Leer meer oor ons gemeente op ons gemeenteblad: https://www.facebook.com/ngwitrivier/

Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.