Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE: VOLTYDSE VIERDE LERAAR
Sluitingsdatum vir aansoeke: 22 Januarie 2023.
In afhanklikheid van die Here stel die kerkraad van Stellastraat die pos aan gelegitimeerdes met volle ampsbevoegdheid bekend.
Gemeenteprofiel
Die gemeente is geleë in die ou Ooste van Pretoria, wat Menlopark, Ashlea Gardens, Maroelana, dele van Waterkloof, Waterkloofhoogte, Newlands en Brooklyn insluit. Daar het die laaste paar jaar redelike groot demografiese veranderinge binne die gemeentegrense van Stellastraat plaasgevind, en die proses is voortgaande. Een van die gemeente se uitdagings is om ’n geestelike tuiste van keuse te word en wees vir die baie nuwe intrekkers in die omgewing. Die demografie van die omgewing toon duidelike tekens van multikulturele verdigting en verjonging. Volgens die databasis van die gemeente is daar tans 3 220 lidmate – waarvan ’n beduidende persentasie onder 35 is.
Voornemende aansoekers moet hulle van die volgende vergewis:
In terme van die gemeente se behoefte, is die volgende profiel ’n riglyn vir voornemende aansoekers:
• Verkieslik vyf jaar ondervinding as ’n predikant.
• Verantwoordelik vir eredienste en pastorale sorg binne ’n toegewysde pastorale ruimte (area).
• Vereenselwig met die teologiese uitgangspunte van die NG Kerk en van Stellastraatgemeente.
• ’n Spanbenadering en bewese vermoë om effektief in ’n span te werk.
• Ontwikkeling van verhoudings met lidmate, kerkvervreemdes en ander lede van die gemeenskap.
• ’n Liefde vir werk met jongmense.
Aansoekers kan hulleself vergewis van die profiel, werksaamhede of besonderhede van Stellastraatgemeente op die gemeente se webblad, www.stellastraat.co.za.
Vergoeding en behuising
Volgens sinodale riglyne. ’n Keuse tussen ’n pastorie of ’n behuisingstoelaag.
Aansoeke
Belangstellendes gaan asseblief na die volgende skakel vir inligting oor wat van aansoekers verlang word: http://www.stellastraat.co.za/aansoeke
Voornemende aansoekers wat meer inligting wil bekom, kan enige tyd een van die vier huidige leraars of die administratiewe bestuurder, Malan Nel, malannelup@gmail.com kontak.
Die kerkraad behou die reg voor om nie te beroep nie.
- Vakature is ná publikasie aangepas. – Red
