Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE: LERAAR
Wakkerstroom is ’n plattelandse dorp in Mpumalanga, sowat 320 km vanaf Pretoria. Dit is ’n landboustreek met hoofsaaklik veeboerderye. Die dorp se behoud is grootliks te danke aan toeriste wat getrek word deur die vleilande en voëllewe, en mense wat hier kom aftree in die pragtige, veilige dorpie. Hier is ’n aftree-oord en dokter op Wakkerstroom. Die gemeente is gestig in 1861 en het ’n ryk geskiedenis.
Gemeenteprofiel: Die gemeente se lidmaattal bly stabiel in die omgewing van 250 waarvan 40 dooplidmate is, en die grootste deel is senior burgers. Die sandsteengebou is in 1891 gebou. Ons het ’n sterk barmhartigheidsgrondslag en sien onsself as ’n omgeefamilie in Christus. Die naaste skole, winkels en hospitaal is op Volksrust, sowat 30 km vanaf Wakkerstroom. Privaat hospitaal is op Ermelo en/of Newcastle.
Leraarsprofiel:
֎ ’n Gelegitimeerde in die NG Kerk.
֎ Duidelike roeping om hier diensbaar te wees.
֎ Op platteland te kan aanpas.
֎ Goeie interpersoonlike verhoudings met die boeregemeenskap.
Vergoeding:
֎ Onderhandelbaar.
֎ Pastorie beskikbaar.
Aansoeke:
Sluit asseblief CV in met minstens drie verwysings en kontaknommers.
Stuur aansoeke per e-pos aan: admin@wakkerstroomngk.org.za
Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n moontlike onderhoud en preekbeurt.
Sluitingsdatum: 31 Desember 2022 en diensaanvaarding onderhandelbaar.
Navrae: François du Plessis (hoofouderling) 083 660 5734.
Johan Uys (finansiële voorsitter) 082 725 4862.
Corneels Greyling (kerkraadslid) 082 773 2310.
Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
