Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE: VASTETERMYN DEELTYDSE LERAAR
Vastetermyn van twee jaar met die wedersydse opsie om die termyn te verleng.
Die gemeente Tarkastad is ’n klein plattelandse gemeente in die Oos-Kaap met 126 belydende lidmate en 23 dooplidmate.
Leraarsprofiel:
Ons wil graag hê dat die leraar wat beroep word na Tarkastad die volgende eienskappe sal openbaar:
1. ’n Lewende, persoonlike verhouding met God Drie-enig.
2. Mooi verhoudinge kan bou, alle mense met respek en liefde hanteer en die evangelie deur woord en daad verkondig.
3. Goeie interpersoonlike vaardighede toon en gemaklik in spanverband funksioneer.
4. ’n Hart vir die aktiewe bediening op die platteland met die doel om ’n verskil te maak in ons wyer gemeenskap.
5. ’n Evangeliese hart en missionêre gerigtheid.
Werksprofiel:
1. Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
2. Geestelike leiding van die gemeente om die Here met oorgawe te aanbid.
3. Dinamiese en aktuele prediking met klem op lof en aanbidding.
4. Betrokkenheid by jeug- en gesinsbediening.
5. Pastorale ondersteuning aan die gemeente en gemeenskap.
6. Betrokkenheid by die gemeenskap, veral by Huis Tarka-aftreeoord.
7. Optree as mentor vir ’n BTh-student.
Vergoeding en voordele:
Met die sinodale riglyne in ag geneem word ’n TKVI van R160 000,00 aangebied, gratis huisvesting in ’n gemeubileerde / ongemeubileerde pastorie met ’n groot erf en boorgatwater.
Belangstellendes moet die volgende elektronies aan ons voorsien by:
E-pos: andreoosthuizen7@telkomsa.net
1. Aansoeke bestaan uit ’n dekbrief en ’n volledige CV.
Vertel ons in die dekbrief iets meer oor u lewensreis, asook aspekte soos: u roepingsverhaal, u bedieningservaring, wat u motiveer, areas waar u nog moet groei en hoe u konflik hanteer.
2. Kontakbesonderhede van drie referente.
Sluitingsdatum: 13 Februarie 2023.
14 Februarie 2023 – ontvangserkenning sal geskied op aansoeke ontvang.
Diensaanvaarding is onderhandelbaar.
