Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE KLEINMOND

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: VOLTYDSE ONBEPAALDE TERMYNLERAARSPOS

Gemeenteprofiel
• Kleinmond is ’n pragtige kusdorp, ongeveer 90 km vanaf Kaapstad, deel van die Overbergstreek en geleë in die Kogelberg-biosfeer, een van die rykste fynbosgebiede ter wêreld. Dit is ’n dinamiese dorp en beleef tans positiewe groei.
• Ekonomie: Klein besighede en toerismebedryf.
• Lidmate: 1 512 belydende en 123 dooplidmate.
• Gemeenteroeping: “Draers van sy Lig, Verskilmakers met deernis en Ambassadeurs van hoop”.
• Gedurende 2023 skakel ons oor na ’n kernkerkraad en drie wykskerkrade om die uitleef van ons roeping beter te fasiliteer.
• Indien jy meer inligting oor die gemeente verlang, vra dit by ngkkleinmond@gmail.com aan.

Leraarsprofiel
• Nakoming van alle ampspligte, soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde (2019), as riglyn.
• ’n Entoesiastiese en meelewende leraar wie se lewe getuig van ’n lewende verhouding met God-Drie-enig.
• Ontvanklik vir vernuwing en die bestuur van verandering.
• Vereenselwiging met die gemeenteroeping (soos hierbo vermeld) – dus iemand wat saam met ons bly dink oor God se pad met ons gemeente.
• Inspirerende leidinggewing en goeie bestuursvaardighede om die verskillende onderafdelings van die gemeente saam te bind.
• Aktuele en Woordgetroue prediking met ’n aanvoeling vir die liturgie en aanbidding.
• Verkieslik jonk, maar met goeie bedieningservaring om ’n diverse gemeente te kan lei.
• Geestelik-emosioneel volwasse met ’n positiewe lewensuitkyk wat die waardes van respek, deernis, openheid en luister beoefen.

Vergoedingspakket
• Volgens sinodale riglyne.
• Doelmatige pastorie is beskikbaar.

Aansoeke
• E-posaansoeke na die kerkkantoor: ngkkleinmond@gmail.com
• Alle aansoeke moet vergesel word van die volgende: ’n Aansoekbrief, ’n volledige CV (nie meer as drie bladsye nie), die name van drie onlangse, kontakbare en relevante referente. Stuur asb ’n kort bekendstellingsvideo waarin jy jouself bekendstel en jy jou bedieningservaring, bedieningsvoorkeure, besondere gawes, visie en roeping beskryf aan ngkkleinmond@gmail.com. Stuur asb ook skakels na jou erediensopnames en aanlyn eredienste aan genoemde e-posadres.
• Sluitingsdatum: 13 Januarie 2023 voor 09:00.
• Onderhoud: Kandidate wat die kortlys haal, moet tussen 17 en 24 Januarie 2023 vir ’n persoonlike onderhoud beskikbaar wees.
• In terme van die POPIA-wetgewing (Protection of Personal Information Act) gee kandidate toestemming dat die inligting wat in hulle CV’s of op enige ander wyse beskikbaar gestel word deur die pre-advieskommissie en kerkraad van die NG Kerk Kleinmond vertroulik gebruik en gedeel mag word vir die oorweging en afhandeling van kandidate se aansoeke vir die pos waarvoor aansoek gedoen word.

Navrae
• Jannie Hougaard, voorsitter kerkraad: 083 680 7694, hougaardjan@gmail.com
• André Theron, voorsitter pre-advieskommissie, 076 903 8271, lali.theron@gmail.com
• Nienie Burger, skriba: 083 757 0806 / 028 271 3470, ngkkleinmond@gmail.com

Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.