Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

RANT EN DAL PRISMA, KRUGERSDORP

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: MUSIEKKOÖRDINEERDER

Sluitingsdatum: 16 Januarie 2023.

Lofprysing vorm ’n kardinale deel van die gemeentelewe van Rant en Dal Prisma. Die gemeente beskik tans oor ’n vakature vir ’n voltydse musiekkoördineerder.

Bo en behalwe die toepaslike musiektalent, het hierdie persoon ’n lewende verhouding met God en skroom nie om dit uit te leef nie.

Die geskikte kandidaat moet oor die volgende vermoëns beskik:
• Kan musiek verwerk en voorberei vir die gebruik in eredienste.
• Volledige vaardigheid in die speel van ten minste een instrument.
• Kan solo- en groepsang beoefen en afrig.
• Kan gemeentesang tydens eredienste lei.
• Kan spesiale musiekgeleenthede organiseer en aan deelneem.

Die geskikte kandidaat is Afrikaans magtig, verkieslik jonger as 45 jaar, en ’n spanspeler met leiereienskappe. Hy/sy moet ook volledig kan vereenselwig met die teologiese etos en waardes van die gemeente, en sal nou met die gemeente se twee predikante saamwerk.

Kwalifikasies en ervaring:
• Ervaring van kerkmusiek en die lei van eredienste.
• Toepaslike kwalifikasies en/of ondervinding.

Diensaanvaarding: 1 Februarie 2023 of so spoedig moontlik daarna.

Indien jy belangstel, stuur asb ’n volledige CV na admin@prismakerk.co.za of wimpie@prismakerk.co.za.

Geskikte kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en ’n oudisie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.