Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE SONSTRAAL (Durbanville)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: DEELTYDSE POS: SENIORBEDIENING

In biddende afhanklikheid van die Here stel die kerkraad die deeltydse pos aan emeritusleraars, diensleraars en dienswerkers bekend.

Gemeenteprofiel

• Sonstraalgemeente is in Durbanville (Wes-Kaap) geleë. Ons bedien ongeveer 5 000 lidmate, in die volle spektrum van ouderdomme, waarvan ongeveer 700 ouer as 70 is.

• Behalwe vir ons senior lidmate in gewone woonbuurte, bedien ons ook lidmate in twee aftree-oorde (Legato en La Vie est Belle).

• Ons slagspreuk is: Leef om te dien, en ons roepingstelling: By Sonstraal is almal welkom – hier leer ons saam om soos Christus te leef. Ons leef ons roeping uit met die waardes: genade, gasvryheid en gestuurdheid. Ons logo is in die vorm van ’n multidimensionele kruis.

Leraarsprofiel

• Gelegitimeerde emeritusleraar / diensleraar / dienswerker met goeie gesondheid en roeping om die senior lidmate van die gemeente op deeltydse basis te bedien.

• Gawe en passie vir geloofstoerusting en pastorale versorging van senior lidmate.

• Die vermoë om baie goed in ’n span saam te werk.

• Vereenselwig met die gemeente se visie en roepingstelling (soos hierbo uiteengesit).

Taakomskrywing (10 ure per week)

• Drie Bybelstudiegeleenthede per week, onderskeidelik by die twee aftree-oorde en die gemeentesentrum.

• Pastoraat/besoeke op versoek.

• Begrafnisse.

Vergoeding

Basiese vergoeding volgens sinodale skaal (25% pos).

Aansoeke

Belangstellendes moet asseblief die volgende elektronies aan ons voorsien by: kommunikasie@sonstraal.org.za.

• ’n Kort CV.

• Kontakbesonderhede van drie referente.

• ’n Selfoonvideo (nie langer as vyf minute) of geskrewe paragraaf waarin a) jy jouself voorstel en b) jy motiveer waarom jy aansoek doen.

Navrae kan gerig word aan die kerkkantoor by kommunikasie@sonstraal.org.za.

Sluitingsdatum: 28 Desember 2022.

Diensaanvaarding: 1 Februarie 2023.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.