Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

SA GEMEENTE IN DIE VK

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: VOLTYDSE LERAAR

Die SA Gemeente in die Verenigde Koninkryk het ’n vakature en beroep ’n leraar met ingang 1 Oktober 2023 vir ’n vyfjaarkontrak met die opsie van verlenging vir ’n volgende vyf jaar.

Wie is ons en wat doen ons?

Die SA Gemeente wil graag “’n geestelike tuiste vir wêreldreisigers” wees. In ons strewe om hierdie roeping uit te leef, help ons mekaar …

• om tuis te kom deur die skep van gesonde verhoudings, sinvolle groepbyeenkomste en gereelde saamkuiers;

• om ’n geestelike tuiste te skep deur goed beplande, kreatiewe eredienste en ’n verantwoordelike lees van die Bybel;

• om sinvol as gelowiges in die wêreld te leef en as gemeente betrokke te bly by plaaslike en internasionale sendingprojekte.

Ons gemeente is deel van die gereformeerde tradisie, maar akkommodeer graag ’n wye verskeidenheid spiritualiteite. Ons bedien die evangelie in Afrikaans, maar maak ruim voorsiening vir Engelssprekende persone deur byvoorbeeld vertalingsdienste by elke erediens aan te bied.

Die gemeente word in drie wyke verdeel: Noordwyk (met eredienste in Loughton en Birmingham), Londenwyk (met eredienste in Londen) en Suidwyk (met eredienste in Guildford en Maidstone).

Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die bediening in Suidwyk.

Wat is ons uitdagings?

Soos alle gemeentes, het ons ook ons eie kontekstuele uitdagings, soos byvoorbeeld …

• Die aard en samestelling van ons gemeente lei tot voortdurende verandering.

Daar is onder andere ’n konstante beweging van lidmate vanaf Suid-Afrika en terug.

• Die kinders en jongmense in ons gemeente leef binne eiesoortige omstandighede en moet daarvolgens bedien word;

• Ons hou nie elke Sondag by al die punte erediens nie en ons lidmate woon ver uitmekaar. Elektroniese kommunikasie vorm dus ’n integrale deel van die bediening.

Wie kan aansoek doen?

As jy jou kan vereenselwig met die bogenoemde kort beskrywing van dit wat ons doen, dink dat jy oor die eienskappe beskik wat kan help om ons uitdagings aan te spreek, en gelegitimeer is met volle ampsbevoegdheid, is jy welkom om voor 28 Februarie 2023 aansoek te doen volgens die riglyne wat op ons webblad beskikbaar is by:

www.sagemeente.com

Jy kan ook verder navraag doen by een van die leraars: Dr Ferdie Clasen (ferdie@sagemeente.com) Dr Rian Steyn (rian@sagemeente.com) Ds André Harmzen (andre@sagemeente.com).

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.