Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NGK SASOLBURG-TUINEDAL (DOLEREND)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VOLTYDSE LERAARSPOS

Sluitingsdatum: 31 Januarie 2023.

Gemeenteprofiel:

Sasolburg is ’n semi-plattelandse dorp geleë aan die mees noordelike punt van die Vrystaat en maak deel uit van die Vaaldriehoek. Tuinedal het 16 dorpswyke en ’n buitewyk (Vaaldriehoek wat ook enkele plaasbesoekpunte insluit). Die dorp is 8 km vanaf die Vaalrivier en is 83 km vanaf Johannesburg. Die gemeentelede is meestal werksaam in die petrochemiese-nywerheidsbedryf by die omliggende fabrieke en werk dus ook skofte. Die gemeente bestaan uit ongeveer 550 belydende en 150 dooplidmate.

Neem asseblief deeglik kennis dat Tuinedal ’n dolerende gemeente is. Dit sal ook van u verwag word om dolering te onderskryf.

Leraarsprofiel:

• ’n Wedergebore kind van God.

• ’n Leraar wat die gesag van die Heilige, onfeilbare Woord van God ten volle aanvaar.

• Gereformeerde, evangeliese en Skrifgetroue prediking, wat geestelike groei bevorder. Iemand wat met entoesiasme die Woord suiwer verkondig, veral ten opsigte van die maagdelike geboorte, opstanding, hemelvaart en wederkoms van Jesus Christus en dat Hy die enigste Verlosser van die wêreld is. Ook dat Hy wonderwerke gedoen het en dat die duiwel bestaan. Hy/sy moet ook die 2019-besluite van die Algemene Sinode ten opsigte van selfdegeslagverhoudinge verwerp.

• ’n Herder wat in spanverband kan saamwerk.

• ’n Kreatiewe dinamiese persoon wat nie net oor tegnologiese vaardighede beskik nie, maar wat ook oor sterk bestuursvaardighede beskik.

• ’n Energieke persoon met ’n passie vir God en mense; iemand vir wie pastorale besoeke belangrik is.

• Iemand wat, met entoesiasme, leiding neem en motiverend samewerking kan bewerkstellig en die Lewende Woord in alle omstandighede suiwer bedien.

Ampspligte: Ingevolge Art 9 van die Kerkorde en soos onderling ooreengekom.

Vergoeding: Inwoning in pastorie en vergoeding is onderhandelbaar volgens die Vrystaat se sinodale riglyne.

Sluitingsdatum: Aansoeke sluit 31 Januarie 2023.

Diensaanvaarding: 1 April 2023.

Aansoeke:

• Kan per e-pos (ngtuinedalssb@gmail.com) gerig word aan: Die Kerkraadleier,

NGK Sasolburg-Tuinedal (Dolerend)

• Elke aansoek moet vergesel wees van ’n CV (± vier bladsye) asook kontakbesonderhede van drie verwysings.

• Daar sal van elke kandidaat verwag word om ’n vraelys te voltooi en saam met die CV in te dien. (Vraelys verkrygbaar by die kerkkantoor).

• Dit kan van u verwag word om ’n erediens waar te neem asook ’n onderhoud direk na die erediens.

Indien u enige verdere besonderhede oor die gemeente wil hê, is u welkom om met die volgende persone in verbinding te tree:

Pine Pienaar (kerkraadsleier): 083 276 4387.

Ds Dawid Lessing: 082 857 1824.

Die kerkraad behou hulleself die reg voor om nie ’n aanstelling te maak uit die aansoeke wat ontvang word nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.