Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
BALLITO GESINSKERK – NG NOORDKUS
Die kerkraad wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos:
VAKATURE: DIENSLERAAR MET JEUGBEDIENING AS SPESIALITEITSVELD
Sluitingsdatum: 28 Februarie 2023.
Dienstermyn: Twee jaar kontrak met ‘n opsie om te verleng en met ’n ses maande proeftydperk
Gemeenteprofiel: Ballito Gesinskerk in KZN is ’n dorpsgemeente met nagenoeg 350 belydende lidmate en ongeveer 30 dooplidmate. Hierdie samestelling spruit voort uit die feit dat Ballito in sy ontstaan- en groeijare gekenmerk was as aftreegemeenskap. Die gemeente word die afgelope tydperk gekenmerk deur ’n geringe, maar konstante invloei van jonger lidmate en wil daarom ’n spesifieke bedieningsmodel ontwikkel rondom die jeug en jonger lidmate van die gemeente. Ballito Gesinskerk is ’n gemeente waar daar gesonde lidmaatbetrokkenheid is. Eredienste het ’n ontspanne atmosfeer met kenmerkende samesang en Skrifgetroue Woordverkondiging. Ons is ’n gemeente wat daarna streef om almal (jonk en oud) welkom te laat voel. Besoek ons webblad by www.noordkus.co.za vir verdere detail.
Leraarsprofiel: Die ideale kandidaat moet oor die volgende bevoegdhede beskik:
- Minimum kwalifikasie: 3 jaar BTh-graad.
- Doelgerigte opleiding in jeugwerk.
- Tweetaligheid (Afrikaans en Engels). ’n Ander inheemse taal sal as aanbeveling dien.
- Verkieslik ’n musiekinstrument kan bespeel.
Pligte:
- Verantwoordelik vir die jeugbediening in die gemeente en preekgeleentheid van tyd tot tyd.
Vergoeding en voordele:
- Sal onderhandel word.
Aansoek: Sluitingsdatum vir aansoeke is 28 Februarie 2023 (17:00). Aansoeke, in die vorm van ’n uitgebreide CV wat toepaslike vorige ondervinding (indien van toepassing) aandui sowel as stawende gesertifiseerde afskrifte van relevante kwalifikasies insluit, kan by die kerkkantoor ingehandig word of per e-pos aan: kerkkantoor@noordkus.co.za gestuur word.
Aansoeke wat laat ontvang word sal outomaties gediskwalifiseer word, en die kerkraad behou die reg voor om nie die aanstelling te maak nie.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik.
Navrae:
- Theanna Taylor, 083 378 0742.
- Leonie Spangenberg, 032 946 1198 (08:00- 13:00).
