Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Koster: Voltydse Leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

NG GEMEENTE KOSTER

Die kerkraad van NG Gemeente Koster wag in afhanklikheid aansoeke 

in vir die onderstaande pos.

 

VAKATURE: VOLTYDSE LERAAR

Sluitingsdatum: 28 Februarie 2023.

Aanstellingsdatum: 1 Junie 2023.

Gemeenteprofiel: Koster is ’n plattelandse dorp in Noordwes-Provinsie, 110 km vanaf Potchefstroom en 55 km vanaf Rustenburg. ’n Aftree-oord vir bejaardes is in die grense van die gemeente geleë. Die dorp het ’n sterk Afrikaanse laer- en hoërskool. ’n Groot deel van ons gemeente is aan boerdery (saai, vee en wild) verbonde. Die gemeente bestaan uit ongeveer 330 belydende lidmate en 60 dooplidmate wat verdeel is in nege plaaswyke en 18 dorpswyke.

Leraarsprofiel: ’n Leraar van die NG Kerk wat tussen die ouderdom van 35-45 jaar is. Wat begrip en liefde toon vir ’n plattelandse gemeenskap se unieke behoeftes en omstandighede. Hy of sy moet voor loop en voor bly. Hy of sy moet fokus op menseverhoudinge, dit bou en onderhou. Hy of sy moet ook energiek sy of haar roeping met ’n aansteeklike passie uitleef as voorbeeld vir ander. Die kandidaat moet ook beskik oor leierseienskappe om die gemeente in soveel as moontlike fasette (eredienste, kategese, projekte ens.) te help groei.

Ander vereistes: Rekenaarvaardig wees en daardeur tegnologie kan gebruik as ’n hulpmiddel om die taak van leraar suksesvol deur te voer. Die kerk van Christus leef in uitdagende tye, daarom benodig ons ’n leraar wat nuut kan dink oor ons roeping as kerk in ’n moderne tyd. Die suksesvolle kandidaat moet daarna streef om op datum te bly met die beste praktyke in die bediening van die Woord. Die volle uitleef van Artikel 9 van die Kerkorde is ononderhandelbaar. Sy of haar siening stel rondom die tradisionele familie van ’n huwelik tussen een man en een vrou. Hy of sy moet ook hulle standpunt oor selfdegeslagverhoudings en -huwelike bekend maak en dit moet in lyn wees met die Woord.

Vergoedingsvoordele: ’n Vergoedingspakket binne die raamwerk van die sinodale skaal word aangebied, met die gewone voordele verbonde aan so ’n aanstelling. ’n Ruim pastorie is deel van die vergoedingspakket.

Help ons asseblief om jou beter te leer ken deur jou CV met persoonlike besonderhede, onlangse foto, asook name en kontakbesonderhede van drie referente te e-pos aan 

Michelle Roets by ngkerkkoster@gmail.com

Navrae: Buks Marais – 083 455 2264 (leierouderling) en Michelle Roets – 083 894 8871 (skriba).

Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.