Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Schweizer-Reneke-Noord: Voltydse Leraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

NG SCHWEIZER-RENEKE-NOORD

Schweizer-Reneke

VAKATURE: VOLTYDSE LERAARSPOS

Gemeenteprofiel:

Schweizer-Reneke is ’n plattelandse dorp in Noordwes-Provinsie, 150 km van Klerksdorp en 60 km van Vryburg en Bloemhof.

’n Aftree-oord/versorgingseenheid vir bejaardes is in die grense van die gemeente geleë.

Die dorp het ’n sterk Afrikaanse laerskool, asook ’n dubbelmedium hoërskool.

Daar is ook ’n tweede NG gemeente op die dorp. ’n Groot deel van ons gemeente is aan boerdery (saai, vee, en wild) en delwery verbonde.

Die gemeente bestaan uit ongeveer 370 belydende en 100 dooplidmate wat verdeel is in vyf plaaswyke en 15 dorpswyke. 40% van ons lidmate is persone bo 60 jr en die res jonger.

Leraarsprofiel:

’n Leraar van die NG Kerk wat begrip en liefde toon vir ’n plattelandse gemeenskap se unieke behoeftes en omstandighede.

Pligte:

  • Soos omskrywe in Artikel 9 en Artikel 58 van die Kerkorde.
  • Oortuig wees van die roeping van die Here om as leraar diensbaar te wees in die gemeente.
  • Skrifgetroue Woordverkondiging doen, geheg wees aan die gereformeerde leer en belydenisskrifte van die kerk.
  • ’n Hart hê vir die aktiewe bediening met die doel om ’n verskil te maak in ons gemeente en gemeenskap. Gemaklik wees met huisbesoek en persoonlike kontak met lidmate in verskillende lewenstadiums.
  • Betrokke wees by die organisering van funksies en basaars.

Vergoeding en voordele:

’n Vergoedingspakket binne die raamwerk van die sinodale skaal word aangebied. Die volledige vergoedingspakket, wat ’n pastorie insluit, sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.

Sluitingsdatum: 26 Februarie 2023.

’n Volledige CV met persoonlike besonderhede, onlangse foto, asook die name en kontakbesonderhede van drie referente te stuur aan: ngswrnoord@lantic.net

Navrae:

Lood Matthee : 083 307 2429 (leierouderling).

Suzette van Wyk: 072 139 5909 (skriba).

Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top