Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Hayfields (Pietermaritzburg): Voltydse gemeenteleraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse gemeenteleraar by NG gemeente Hayfields, Pietermaritzburg

Hayfieldsgemeente is ’n voorstedelike gemeente geleë in Pietermaritzburg en bestaan uit 609 belydende en 162 dooplidmate. Die gemeente vorm saam met Pietermaritzburg-gemeente, Pietermaritzburg-Noord-gemeente en Greytown-gemeente die Ring van Pietermaritzburg.

Pietermaritzburg het ’n sterk Engelssprekende karakter en beskik oor uitstekende Engelse privaat- en staatskole asook ’n parallelmedium hoërskool en laerskool.

Leraarsprofiel: Leraars en proponente word genooi om vir die pos aansoek te doen.

Dit word van die kandidaat verwag om:

  • ’n Lewende, persoonlike verhouding met God te hê.
  • Alle bedieningspligte soos uiteengesit in Artikel 9 van die Kerkorde, na te kom.
  • Bekwaam te wees om verskillende tipe eredienste soos jeugdienste en interaktiewe dienste aan te bied.
  • Om weekliks ’n videoweergawe van die erediensboodskap op die onderskeie digitale platforms te laai.
  • Tweetalig te wees.
  • Kennis van Zoeloe sal voordelig wees.
  • Baie nou saam te werk op ringsvlak.
  • Vertroud te wees met sosiale media.
  • Oor goeie kommunikasie en rekenaarvaardigheid te beskik.
  • Die jeug, gesinsbediening, en kleingroepbediening uit te bou.
  • Bereid te wees om huisbesoek, hospitaalbesoek en dergelike besoeke te doen.
  • Oor goeie menseverhoudinge te beskik en bereid wees om in spanverband te werk.

Vergoeding en voordele: Dit sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word met inagneming van sinodale riglyne. Gratis behuising in ’n pastorie word voorsien.

Aansoeke:

Belangstellendes moet die volgende elektronies voorsien by Sonja@ngkzn.org.za.

  • ’n Skakel na ’n kort bekendstellingsvideo van ongeveer vyf minute waarin u u roepingsverhaal, spiritualiteit, gawes, passies, sterkpunte en swakpunte beskryf.
  • ’n CV van nie langer as drie bladsye nie.
  • Die name en kontakbesonderhede van ten minste drie referente.
  • Skakels na ’n erediensopname of aanlyn eredienste.

Kandidate op die kortlys mag vir ’n onderhoud en preekbeurt genooi word. Daar sal ook van kandidate verwag word om psigometriese toetse af te lê.

Sluitingsdatum: 15 Maart 2023.

Die gemeente behou die reg voor om nie noodwendig ’n aanstelling te maak uit die aansoeke wat ontvang word nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.