Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG KERK BETHANIE, Namibië

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die kerkraad van wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.

VAKATURE: BRUGLERAAR OF KONTRAKLERAAR

Sluitingsdatum: 23 Februarie 2023.

Dienstermyn: Twee jaar.

Gemeenteprofiel: Bethanie is in die Suide ring van Namibië op die C14-roete. Die gemeente beslaan ’n groot area met Aus aan die westekant en Keetmanshoop aan die oostekant. Aan die noordekant grens die gemeente aan Maltahöhe en sluit Helmeringhausen in. In die suide grens dit aan Noordoewergemeente. Die gemeente het 105 belydende lidmate en baie min dooplidmate. Die naaste besigheidsentrum is Keetmanshoop (142 km).

Die gemeente betree ’n nuwe tydvak as gevolg van omgewingsontwikkeling wat aanpassings in ons bedieningsbenadering noodsaak. Die gemeente het al baie kleiner geword en is saam met die hele ring besig om ’n nuwe bedieningstrategie te ondersoek. Die gemeente sal nie ’n voltydse predikant op ’n lang termyn kan bekostig nie, daarom is dit ’n kontrakpos (brugleraar indien moontlik) met opdrag om die huidige omstandighede te bepaal en interpreteer vir die toekoms. Ons bid dat die Here vir ons ’n toegewyde kind van Hom sal stuur wat ons op hierdie pad kan lei en saam met die gemeente hierdie ontdekkingsreis betree.

Leraarsprofiel: Wat vir ons belangrik is, is verhoudingsbou – ons het aktiewe plaaswyke wat as omgeegroepe kan funksioneer, Sondageredienste is vir ons kosbaar. Aangesien ons groot afstande moet aflê is dit vir ons belangrik om as God se familie bymekaar te kom om aktueel en prakties uit die Skrif gevoed te word.

Pligte:

• Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.

• Ons benodig begeleiding met pastorale versorging, visionering vir die toekoms en begeleiding met gemeenteroeping, en ’n handevataksie van sinvolle besoek en ondersteuning. Hiermee saam is die ontwikkeling van ’n funksionele bedieningstruktuur noodsaaklik.

Vergoeding en voordele:

• Onderhandelbaar, met sinodale skaal as riglyn.

• Pastorie met munisipale dienste, selfoontoelae en gemeentevoertuig word voorsien.

Aansoek: Enige gelegitimeerde predikant van ons kerk wat geroepe voel om by hierdie span aan te sluit word genooi om voor 23 Februarie 2023 ’n CV van maksimum drie bladsye en drie referente aan die onderstaande adres te stuur. Kandidate op ’n kortlys moet bereid wees om genooi te word om te kom kuier. Onderhoude kan moonlik ook deur middel van ’n Zoom-vergadering hanteer word.

Stuur aan jacques.minette@gmail.com

Diensaanvaarding: So gou ons alle werkpermitte in orde kan kry indien nodig.

Navrae:

• Minette Viviers (skriba) +264 81 246 1693.

• Ds Bennie Brink (konsulent) +264 81 148 6244 of per WhatsApp +27 82 337 5458

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.