Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VAKATURE IN SKOOL VIR TEOLOGIE EN BEDIENING
POS: DEKAAN VAN SKOOL VIR TEOLOGIE EN BEDIENING
Sluitingsdatum vir aansoeke: 17 Februarie 2023.
Diensaanvaarding: 1 Julie 2023.
Die Hugenote Kollege op Wellington is ’n privaat Christelike instelling wat naskoolse opleiding in Teologie en Kerklike Bediening, Maatskaplike Dienswerk en Sosiale Innovasie aanbied.
Die Skool vir Teologie en Bediening bied ’n SAQA-geakkrediteerde BTh-graad in Missionale Bediening, sowel as NG Kerkgeakkrediteerde bedienaarsopleiding aan lidmate en ander belangstellendes. Opleiding word vanuit ’n gereformeerde belydenisstandpunt per afstandonderrig aangebied en studente van alle Christelike kerkgenootskappe word geakkommodeer. In ooreenstemming met die etos van die kollege word naas die akademiese onderrig ook klem geplaas op die geloofs- en bedieningsvorming van studente.
Die suksesvolle aansoeker sal aan die rektor rapporteer en verantwoordelik wees vir die ontwikkeling en effektiewe bestuur van al die kursusse wat deur die Skool vir Teologie en Bediening aangebied word en om te verseker dat akademiese onderrig en navorsing van hoë gehalte in ooreenstemming met die strategiese doelwitte van Hugenote Kollege gedoen word. Die pos behels beperkte doseerverpligtinge indien omstandighede in die skool dit vereis. Die suksesvolle kandidaat sal interdissiplinêr met die ander skole van die kollege saamwerk en aan die voltydse en deeltydse dosente van die Skool vir Teologie en Bediening leiding gee.
Ten einde aan die doel van die pos te beantwoord, sal van die posbekleër verwag word om aan die volgende kritiese prestasie-areas aandag te gee:
• Strategiese bestuur van skool.
• Gehaltebeheer van akademiese aanbieding en navorsing.
• Begrotingsbestuur.
• Personeelbestuur van skool.
• Verteenwoordiging van skool op kollegebestuur, rade en relevante forums.
• Administrasiebestuur.
• Selfontwikkeling.
• Akademiese onderrig.
• Aanbied van voortgesette teologiese onderrig.
Persone met ’n PhD/DTh-graad in Teologie wat aan ’n geregistreerde universiteit in Suid-Afrika (of gelykwaardige instelling) verwerf is, wat ervaring van akademiese onderrig en bestuur het, wat Engels en Afrikaans magtig en rekenaargeletterd is, word genooi om aansoek te doen vir die betrekking. Ervaring van afstandsonderrig en kennis van Moodle-sagteware sal as aanbeveling dien.
Aansoeke, vergesel van ’n volledige akademiese CV en navrae kan gerig word aan me Hesmarie Bosman by bestuur@hugenote.com
Slegs aansoeke per e-pos sal aanvaar word.
