Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
VOLTYDSE LERAAR
Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Maart 2023.
Eendrag se gemeentevisie vertel wat ons is en wat ons al meer wil wees: “God is ons rots, daarom sal strome lewende water uit ons binneste vloei.” Ons is oortuig dat die Here ons roep om ’n verskil te maak in ons gemeente, gemeenskap en die wêreld waarin God ons geplaas het.
Ons verklaar onbeskaamd dat die Bybel die enigste onfeilbare Woord van God is. Ons gereformeerde belydenis, tradisie en spiritualiteit is vir ons ononderhandelbaar. Ons gemeente as liggaam van Christus is vir ons van groot waarde en belang, maar die koninkryk van God geniet in alles voorrang.
Gemeenteprofiel:
• Despatch is deel van Nelson Mandela Metropool.
• Eendrag het 1 100 belydende en 300 dooplidmate.
• Die gemeente het verskeie bedienings wat almal ook ’n koninkryksgerigtheid het.
• Die gemeente het ’n sterk en gevestigde gemeente- en bedieningstruktuur, maar wil ook graag in al hierdie strukture met relevante en vernuwende inisiatiewe en prosesse besig begin raak.
• Die gemeente beskik oor verskeie volhoubare entrepreneursprojekte en kyk ook voortdurend na nuwe projekte om, na gelang van die behoeftes van die gemeente en gemeenskap, dit te vestig. Huidige projekte behels die volgende:
kleuterskool, selfsorgbehuising vir bejaardes, lewensregkompleks, nutsmandienste en ’n deli.
• Despatch beskik oor goeie laerskole en ’n hoërskool.
Leraarsprofiel:
• Die leraar moet oor volle ampsbevoegdheid binne die NG Kerk beskik.
• Die leraar moet bereid wees, en hom/haar daartoe verbind, om tot heil van die gemeente en tot eer van God, saam met die kerkraad as ’n span te werk om die koninkryk van God al meer gestalte te gee.
Vergoeding:
• Onderhandelbaar volgens sinodale riglyne + toelae vir selfoon en kantooruitgawes.
• Pastorie met toelae vir water en krag word voorsien.
Aansoeke:
• Stuur aansoeke na Pre-advieskommissie: admin@ngeendrag.co.za
Help ons in die aansoek om jou beter te leer ken en veral waarom jy dink dit vir Eendrag goed sal wees om jou as leraar te hê.
• Kandidate wat die kortlys haal sal gekontak word met die oog op persoonlike gesprekke en preekgeleenthede.
Navrae:
• Ds André Lötter: 084 371 3882.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Maart 2023.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n beroep uit die aansoeke uit te bring of ’n aanstelling te maak nie.