Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Driehoek Gemeente: Voltydse Leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: VOLTYDSE LERAAR

SLUITINGSDATUM: 17 Maart 2023.

Driehoekgemeente beskik oor ’n vakature vir ’n voltydse predikant. Die kerkraad nooi jou, as gelegitimeerde van die NG Kerk, om dit te oorweeg om vir die vakature aansoek te doen.

Gemeenteprofiel: Driehoek is in Vanderbijlpark, ’n dorp aan die Vaalrivier waar daar nege ander NG gemeentes is. Ons is ’n oop, gasvry en inklusiewe geloofsgemeenskap waar die diversiteit van menswees verwelkom word en waar die uitleef van ’n persoonlike roeping aangemoedig word. Vir meer inligting rakende ons gemeente, kyk na die dokument “Driehoek – ’n gemeente op reis met God” by www.ngdriehoek.co.za .

Indien die Here dit op jou hart lê om aansoek te doen vir die pos, wil ons jou graag beter leer ken. Stuur jou CV, nie langer as drie (3) bladsye nie, na: ng3hoek.kantoor@gmail.com asook die kontakbesonderhede van twee (2) referente. Indien beskikbaar, sluit asseblief ’n skakel na ’n onlangse preek in.

Naas jou CV, wil ons ook graag weet wat jou siening (’n paar sinne) oor die volgende sake is:
1. Hoe jy jou eie spiritualiteit sal beskryf, en hoe dit inpas by jou benadering tot/en die inrigting/aanbieding van ’n erediens.
2. Jou gawes en vaardighede wat jy na die gemeente kan bring.
3. Jou siening oor die uitdagings en geleenthede vir gemeentebediening in die huidige tydsgewrig.
4. Jou gedagtes oor die heersende gesprekke in die kerk (oor bv selfdegeslagverhoudings, dolering en predikantsopleiding), en wat jou eie benadering daaromtrent is.

Rig aansoeke aan: Voorsitter Pre-advieskommissie.
Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud.

Vergoeding: Volgens sinodale riglyne. ’n Pastorie word nie voorsien nie, maar wel ’n behuisingstoelaag. Die kerkraad is gewillig om met jou oor jou spesifieke behoeftes te onderhandel. Die kerkraad onderneem ook om jou geestelik te ondersteun en by te staan.

Navrae:
André Schmidt (083 417 8924. E-pos: aschmidt5150@gmail.com).
Hans van Deventer (083 415 4390. E-pos: ons4@vodamail.co.za).
Richan Laage (082 820 4144. E-pos: richan@laage.co.za).

Die kerkraad behou hulle die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.