Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Imker Hoogenhout skryf: Bybelinterpretasie en ‘gewone’ lidmate

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Imker Hoogenhout van Vereeniging skryf:

Ek was bevoorreg om deel te hê aan ’n webinaar oor Bybelinterpretasie tussen die Teologiese Fakulteit van die Universiteit van Pretoria, en ’n soortgelyke fakulteit in Letland.

Gedurende hierdie besprekings het een van die persone van Letland die opmerking gemaak dat, hoe meer teologies-liberaal ’n predikant word, hoe minder wil hy hê moet sy gemeentelede weet van die Bybel.

Met interpretasieveranderinge oor tyd dink ’n mens, met twee uiteenlopende voorbeelde, aan die riglyne uit die Bybel oor selfdegeslagverhoudinge, en Psalm 1:

 

Hoe gelees moet word Klassieke siening Eietydse siening
Selfdegeslag-verhoudinge Letterlik Spiritueel
Verwagtinge in Psalm 1 Spiritueel Letterlik

 

Waar laat hierdie veranderde sieninge “gewone” gemeentelede?

Die debatte oor selfdegeslagverhoudinge is, soos ons bewus van is, baie sensitief; ek sal dus verwys na ’n polities-neutrale voorbeeld, en dit is debatte oor die skrywer van Psalm 23:

Klassieke siening Eietydse siening
Wie het Psalm 23 geskryf? Dawid Ons weet nie wie nie, maar dit was beslis nié Dawid nie.

 

So hoe moet gewone lidmate hulleself posisioneer terwyl hierdie botsende akademiese diskussies aan die gang is?

Ek dink ’n mens sal vind dat gewone Bybellesers, wanneer hulle sulke uitsprake hoor, migreer na dít wat in die Bybel staan. ’n Mens sal dus waarskynlik vind dat, as die mening van gewone lidmate gevra word, die meeste van hulle glo / aanvaar dat Psalm 23 geskryf is deur Dawid.

So oor Bybelinterpretasie en die opmerking aan die begin – “hoe minder wil hy hê moet sy gemeentelede weet van die Bybel”: Moet gemeentelede aangemoedig word om die Bybel daagliks te lees en te bestudeer (Deut 6:6-7)? Of liewer nie?

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top