Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Universiteit Vrystaat Departement Praktiese en Missionale Teologie : Post-Doktorale Navorser

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die Universiteit van die Vrystaat : Departement Praktiese en Missionale Teologie, wag aansoeke in vir die volgende studiebeurs: Post-Doktorale navorser

Die studiebeurs sal ’n uitstaande doktorale gegradueerde in staat stel om navorsing- en innovasie-ervaring by ’n hoëronderwysinstelling te bekom onder die mentorskap van gevestigde navorsers, in samewerking met die Taakspan Navorsing van die Algemene Sinode van die NG Kerk.

Profiel:
Kandidate wat daarin belangstel om ’n akademiese of professionele loopbaan gefokus op empiriese navorsing te volg, met ’n besondere navorsingbelangstelling in gemeentestudies en -leierskap binne die Suider-Afrikaanse konteks, word aangemoedig om aansoek te doen.

’n Toepaslike PhD in Teologie wat gedurende die afgelope vier jaar toegeken is, is ’n vereiste.

Aansoekers se akademiese prestasies, publikasie-uitsette en navorsingpotensiaal, sowel as die relevansie van vorige ervaring en kundigheid sal in ag geneem word.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 28 Februarie 2023.

Diensaanvaarding: 1 April 2023.

Dienstermyn: 1 jaar, hernubaar tot 3 jaar, onderhewig aan bevredigende prestasie.

Vergoeding en voordele: Beskikbaar by Ingrid Mostert: MostertIE@ufs.ac.za

Aansoeke moet gestuur word na: Ingrid Mostert: MostertIE@ufs.ac.za

Navrae kan gerig word aan: Prof Kobus Schoeman: SchoemanW@ufs.ac.za

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.