Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die leraarspos van die NG Gemeente Theunissen het vakant geraak na die kombineringsooreenkoms met Theunissen-Wes gemeente verval het. Die gemeente wil graag, met toestemming van die Ring van Bultfontein, die dienste van ’n geroepe leraar bekom wat die uitdagings en geleenthede van ’n plattelandse gemeente sal verstaan en wil aangryp.
Sluitingsdatum: Vrydag 24 Maart 2023.
GEMEENTEPROFIEL: Die gemeente bestaan reeds 113 jaar en is ’n goed gevestigde gemeente, geleë op die R30-roete 100 km noord van Bloemfontein. Die gemeente het 216 belydende en 50 dooplidmate en bestaan uit 14 wyke waarvan vyf plaaswyke is. Die huis vir bejaardes, Huis Moria, vorm deel van die gemeente en huisves 32 inwoners.
LERAARSPROFIEL: Die volgende is vir die kerkraad van belang in geskikte aansoeke:
- Aansoeker moet ’n gelegitimeerde leraar van die NG Kerk wees.
- ’n Sterk gereformeerde teologiese uitkyk met besondere klem op suiwerheid van die leer, soos verwoord in die belydenisskrifte.
- Leraarsverpligtinge moet volgens Art 9 van die Kerkorde nagekom word.
- Entoesiasme vir die opbou van die gemeente deur persoonlike kontak met lidmate, pastoraat en huisbesoek.
- Die kandidaat moet geroepe voel vir die bediening in Theunissen.
- Opregte liefde vir Jesus Christus, sy gemeente en sy koninkryk moet uitgestraal word.
- Belange en werksaamhede van die gemeente moet onderhou en uitgebou word.
VERGOEDING: Is onderhandelbaar met Vrystaatse sinodale skaal as riglyn, ruim pastorie is ingesluit.
AANSOEKE: Ontvangs van volledige CV (maksimum drie bladsye) sal dien as aansoek. Heg ook aan kontakbesonderhede van drie referente.
Sluitingsdatum: Vrydag 24 Maart 2023.
Navrae en aansoeke kan gestuur word aan:
Gert Oosthuizen – Voorsitter (Pre-advies): sel: 082 419 3001, e-pos: gert@optavit.co.za of ggj.oosthuizen@gmail.com
Monte Pienaar – Ondervoorsitter (Pre-advies): sel: 078 448 5858, e-pos: montepienaar@gmail.com
NG Kerk Theunissen – e-pos: ngktheunissen@gmail.com
Die kerkraad behou die reg voor om nie die vakature uit een van die aansoeke te vul nie.
