Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk in SA | PSD: Kerklike opleiding (standplaas: Stellenbosch)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die Sinode van die NG Kerk in Suid-Afrika (Wes-Kaapland) maak die vakature vir ’n Predikant in Sinodale Diens (PSD): Kerklike Opleiding bekend en nooi alle belangstellendes wat daartoe geroepe voel en aan die vereistes voldoen, om hulle vir hierdie pos beskikbaar te stel.

Die PSD: Kerklike Opleiding is verantwoordelik vir:

  • Kerklike opleiding en vorming van alle voornemende gemeenteleraars, diensleraars en standplaasleraars, asook die voortgesette bedieningsontwikkeling (VBO) van alle leraars.
  • Die verdieping en ontwikkeling van kerklike opleiding vir ’n veranderende en diverse konteks.
  • Oorsig oor die aanmelding, keuring en begeleiding van voornemende teologiese studente vir die verskillende opleidingsbane.
  • Die bestuur van die Seminarium as ’n platform vir die holistiese vorming van teologiese studente.

Die aard van die pos behels dat die aansoeker aan die volgende vereistes moet voldoen:

  • ’n Gelegitimeerde van die NG Kerk wees.
  • Teologies goed gefundeer wees (’n PhD in teologie sal as aanbeveling dien).
  • Bewese ondervinding van gemeentebediening moet hê.
  • Oor ’n goeie VBO-rekord beskik.

Die PSD moet ook oor die volgende insigte, vaardighede en ervaring beskik:

  • Die belangrikheid van akademiese kennis en navorsing, persoonlike ontwikkeling en geloofsvorming vir die toerusting van bedienaars verstaan.
  • Studente kan begelei in geloofsontwikkeling, die vorming van gesonde geloofsgewoontes en die dinamiese aard van hulle roeping.
  • Oor genoegsame ervaring en vaardighede beskik om leierskap te verleen ten opsigte van die voortgesette opleiding en ontwikkeling van alle leraars.
  • Mense laat tuis en veilig voel en pastorale sensitiwiteit uitstraal.
  • Netwerke kan skep, insluitende ekumeniese netwerke.
  • Oor goeie kommunikasie- en fasiliteringsvaardighede beskik.
  • As leier binne kerklike strukture kan funksioneer.

Hoe werk die aansoekproses?

Kandidate word versoek om die volgende dokumente in hulle aansoek in te sluit:

  • Aansoekvorm kan afgelaai word by https://www.kaapkerkadmin.co.za/poste/
  • Aansoekbrief.
  • Curriculum Vitae met relevante bedieningsinligting met betrekking tot die pos (maksimum twee bladsye).
  • ’n Bondige voorlegging van twee bladsye waarin die kandidaat sy/haar visie vir die pos van PSD: Kerklike Opleiding verduidelik.

Alle aansoeke word elektronies gerig aan Elmien Theron by ngkadmin@kaapkerk.co.za

Sperdatum vir aansoeke: 3 Maart 2023 om 13:00.

Vergoedingspakket: Volgens sinodale riglyne.

Persoonlike navrae: Ds Peet Bester (voorsitter: Kuratorium) │ 084 583 3454 │ peet@ngkfranschhoek.co.za

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.