Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Gemeenteprofiel:
Lorraine Gemeente streef daarna om liefde te leef tot eer van God. Die bedieningsfokus van die gemeente lê by dissipelskap en geestelike groei van alle lidmate, verhoudings bou tot ’n gesonde gemeenskap, sowel as ’n diep bewustheid dat ons geseën word om ander te seën.
Lorraine Gemeente is geleë in ’n vooruitstrewende en groeiende woonbuurt van Port Elizabeth. Die gemeente bestaan uit 1 867 belydende lidmate en 629 dooplidmate. Die gemeente word deur twee voltydse leraars bedien, waarvan een aan die einde van Maart 2023, die gemeente verlaat.
Leraarsprofiel:
Enige gelegitimeerde leraar of proponent van die NG Kerk wat aan die volgende vereistes voldoen, word uitgenooi om biddend aansoek te doen:
- Passievolle en lewende verhouding met God.
- Bediening van die totale gemeente soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde, met fokus op die volgende:
– Dinamiese en vernuwende prediking, met die gawe van lering, wat die Woord Skrifgetrou verkondig.
– Passievol oor gesins- en jeugbediening; minimum van vyf jaar ondervinding met gesins- en jeugbediening is ’n vereiste.
– Pastorale en herderlike versorging van lidmate.
– Goeie een-tot-een verhoudings met gemeentelede kan bou.
- Iemand wat ingestel is op gesonde menseverhoudings en graag in ’n span werk.
- Bereid om in samewerking met medeleraars en kerkraad, die gemeente tot eenheid te bind en lei.
- Gemaklik in die gebruik van multimedia en ander sosiale platforms om die prediking en gemeente-aktiwiteite te ondersteun en bevorder.
Vergoeding:
’n Vergoedingspakket volgens sinodale riglyne sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word. Huisvestingsubsidie soos met die kerkraad onderhandel.
Aansoeke:
Aansoeke moet die volgende insluit:
’n Volledige CV en dekbrief ter motivering waarom u geroepe voel om hierdie taak op te neem.
Stuur aansoeke asseblief per e-pos: ngkerk.lorraine@gmail.com
Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud.
Sluitingsdatum: 20 Maart 2023.
Diensaanvaarding: 1 Junie 2023.
Navrae:
Hannalize Loubser (skriba) – 041 367 2284.
Ds Gerhard Loubser – 083 656 3377.
Werner Stumke – 082 040 0682.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
