Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Oranjeville (Noord-Vrystaat): Leraar vastetermynpos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: VASTETERMYNPOS (Drie jaar met die opsie om dit met twee jaar te verleng)

SLUITINGSDATUM: Dinsdag, 11 April 2023 om 12:00 nm.


GEMEENTEPROFIEL

Die NG Kerk Oranjeville is ’n plattelandse gemeente in die Noord-Vrystaat, ongeveer 65 km vanaf die Vaaldriehoek. Die gemeente bestaan uit 150 belydende lidmate en 32 dooplidmate waarvan 60% bo die ouderdom van 60 jaar is en waarvan ongeveer 40% op plase woon. Die gemeente is behoudend en plaas ’n groot premie op die gesag van die Bybel, soos omskryf in Artikels 3 tot 7 van die Nederlandse Geloofsbelydenis. Die gemeente onderskryf dan ook die gereformeerde belydenisskrifte van die kerk.

LERAARSPROFIEL

Die kerkraad en die gemeente nooi enige gelegitimeerde persone in die kerk uit wat dinamies en Geesvervuld is en wat minstens aan die volgende voldoen om vir die pos aansoek te doen:

  • ’n Toegewyde Christen wat die Here liefhet en dien en geroepe is vir ’n bediening in ’n plattelandse gemeente.
  • Leierseienskappe besit met goeie menseverhoudinge wat na alle lidmate op sosiale vlakke en ouderdom kan uitreik.
  • ’n Prediker wat eredienste lei as ’n verrykende ontmoeting tussen God en die gemeente, op ’n ontspanne en informele wyse.

BESONDERE VEREISTES

Aangesien die gemeente behoudend is, is die volgende vereistes ook uiters belangrik. Die persoon wat aansoek doen, moet skriftelik bevestiging van die volgende gee:

  • Persoonlike Skrifbeskouing.
  • Die volledige onderskrywing van die belydenisskrifte van die kerk of nie.
  • Persoonlike standpunt ten opsigte van die besluite van die Algemene Sinode oor selfdegeslagverhoudinge en die ruimhuisgedagte.

PLIGTE

Pligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.

VERGOEDING

  • Totale Koste van Indiensneming (TKVI) is R469 338 per jaar (onderhandelbaar).
  • Behuising (ruim en keurige pastorie).
  • Gemeentevoertuig.

AANSOEKE

’n CV – nie langer as drie bladsye nie – met twee referente en kontakbesonderhede.

Getuigskrifte sal aangevra word indien nodig.

Aansoekers moet beskikbaar wees vir ’n preekbeurt /onderhoud.

PER E-POS ASSEBLIEF: ngkoranjeville1919@gmail.com

SLUITINGSDATUM: Dinsdag, 11 April 2023 om 12:00 nm.

DIENSAANVAARDING: Onderhandelbaar.

NAVRAE

Riaan Sonnekus:               076 834 9791

Koos van den Berg:           082 340 3408

Ds J Mostert:           082 853 6440

 

DIE KERKRAAD BEHOU HOM DIE REG VOOR OM GEEN AANSTELLING TE MAAK NIE.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.