Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Ligbaken Gemeente: Voltydse leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Mei 2023.

In biddende afhanklikheid van die Here word aansoeke vir bogenoemde pos ingewag.

Gemeenteprofiel:

Ligbaken Gemeente is ’n splinternuwe voorstedelike gemeente in die suide van Johannesburg na die samesmelting van Deo Gloria Gemeenskapskerk, NG Mondeor en NG Townsview. Ons missie: “Ons besigheid is Christus” met ons visie: “Ons sien die geloof, hoop en liefde van Christus in almal in die suide van Johannesburg”.

Leraarsprofiel:

Ons ideale kandidaat is ’n gelegitimeerde predikant van die NG Kerk wat:

  • Die Here en sy Woord liefhet en geroepe voel om in sy diens te staan, en sy/haar geroepenheid met ’n onblusbare passie uitleef in ’n lewende, sigbare en daadwerklike verhouding met ons Hemelse Vader.
  • Die inspirerende geestelike leier van ons gemeente is.
  • In die eredienste die liturgie só aanwend dat God verheerlik en ontmoet word.
  • Gemaklike, warm en goeie verhoudings met alle lidmate kweek as ’n ware omgeemens.
  • Alhoewel sterk selfgedrewe, doeltreffend in spanverband kan saamwerk.
  • Gebalanseerd (=tree ewewigtig op) en geïntegreerd (=sien die groot prentjie) is en werk.
  • Gemaklik interkultureel en -generasies kan optree.
  • Goed tweetalig in Afrikaans (huistaal) en Engels.

Vergoeding:

Die totale koste van indiensneming is onderhandelbaar met die gemeente volgens sinodale skaal.

Aansoek (sluit 31 Mei 2023):

Belangstellendes moet asseblief die volgende elektronies aan ons voorsien by admin@ligbaken.joburg:

  • ’n Dekbrief van een bladsy waarin u die redes verskaf vir u belangstelling in die pos.
  • ’n Volledige CV.
  • ’n Kort bekendstellingsvideo waarin u bedieningservaring, bedieningsvisie, bedieningsvoorkeure, besondere gawes, visie en roeping beskryf word.
  • Die kontakbesonderhede van vier referente.
  • ’n Skakel na ’n onlangse preek.

Die gemeente behou die reg om nie ’n aanstelling uit die aansoekers te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.