Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Gemeenteprofiel:
Patmos is ’n voorstedelike gemeente met 600 belydende lidmate en 118 dooplidmate. Die lidmate kom nie net uit Patmos se oorspronklike geografiese area nie, maar is versprei oor verskillende woonbuurte dwarsoor die stad. Die lidmaatsamestelling strek oor alle ouderdomsgroepe. Die gemeente was verlede jaar 60 jaar oud en ons kan daarom terugskouend getuig oor ons hemelse Vader se groot genade en voorsiening vir sy gemeente. Patmos se leuse is “waar liefde werk” en ons visie is “om vrede en genesing te bedien in die voetspore van Jesus”. Afgesien van bediening van die gemeente self, is Patmos sterk missionaal gerig met ’n gefokusde bediening in die gemeenskap rondom ons en ’n getuienisbediening wat wyd strek oor landsgrense heen.
Leraarsprofiel:
Binne die konteks van Artikel 9 van die Kerkorde is ons leraar:
• ’n nederige dissipel van Jesus met ’n passie vir die uitbreiding van sy koninkryk;
• iemand wat ’n suiwer gereformeerde teologie volg en dit entoesiasties en verstaanbaar oordra op ’n wyse wat die daaglikse uitdagings van lidmate aanspreek;
• iemand wat vernuwend en toekomsgerig die kerkraad en lidmate kan inspireer om Patmos se visie prakties te verwesenlik;
• ’n mens-mens en herder met ’n fyn aanvoeling vir die diverse behoeftes en strewes van die volledige spektrum van gemeentelede.
Vergoeding en voordele:
Onderhandelbaar binne die raamwerk van die riglyne van die Oos-Kaapse Sinode. Daar is nie ’n pastorie nie – die suksesvolle kandidaat sal, indien nodig, ’n behuisingstoelaag ontvang.
Aansoeke:
Aansoeke moet ’n bondige CV insluit asook die kontakbesonderhede van minstens vier referente. Voorsien asseblief skakels na van u onlangse aanlyneredienste. Aansoekers sal ’n bedieningsgerigte vraelys ontvang wat ook voor die sluitingsdatum voltooi en ingedien moet word. Gekortlyste kandidate sal deelneem aan ’n gestruktureerde keuringsproses. Sodanige kandidate moet vir onderhoude beskikbaar wees. Die proses kan ’n preekbeurt en ander praktiese evaluering insluit. Rig aansoeke per e-pos aan die sekretaris van die pre-advieskommissie by: chrisvan@xsinet.co.za.
Sluitingsdatum: 14 April 2023.
Navrae:
Voorsitter Pre-Advieskommissie: Rick Oosthuizen 083 400 5934.
Kerkkantoor: Elizna Milne (skriba) 041 373 4419.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.