Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Gemeentesang speel ’n kardinale rol by Sonstraal – in eredienste, spesiale feeste (bv Paasfees en Kerssangdiens) en reekse (bv Week van gebed en Pinkster). Die musiekbegeleiding in die oggenddienste by die kerksentrum word deur twee persone, wat mekaar op gelyke basis aflos, behartig. Die gemeente beskik tans oor ’n vakature vir ’n musiekbegeleier in hierdie hoedanigheid.
Die geskikte kandidaat moet oor die volgende vermoëns beskik:
- Kan musiek verwerk en voorberei vir die gebruik in eredienste.
- Volledige vaardigheid in die speel van ten minste een instrument.
- Kan solo- en groepsang beoefen en afrig.
- Kan gemeentesang op inspirerende wyse begelei.
- Kan spesiale musiekgeleenthede organiseer en daaraan deelneem.
Die geskikte kandidaat werk goed in spanverband, toon goeie leierseienskappe en vereenselwig hom/haar met die gemeente se roepingstelling en waardes. Hy/sy sal nou met die gemeente se predikante en musiekspan saamwerk. Dit sal verkies word dat die persoon ’n lidmaat van Sonstraal is of sal word.
Kwalifikasies en ervaring:
- Ervaring van kerkmusiek en die lei van gemeentesang tydens eredienste.
- Toepaslike kwalifikasies en/of ondervinding.
Vergoeding:
Onderhandelbare salaris met SAKOV-skale as riglyn.
Sluitingsdatum: 13 April 2023.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.
Stuur asseblief ’n volledige CV na kommunikasie@sonstraal.org.za
Geskikte kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en ’n oudisie.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
