Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Deeltydse leraarspos (Vastetermynkontrak)
Die gemeente maak in biddende afhanklikheid bogenoemde vakature bekend wat vanaf 1 Julie 2023 gevul moet word.
Gemeenteprofiel:
Elspark-gemeente is ’n voorstedelike gemeente in Germiston met ±400 belydende en ±30 dooplidmate. Die meerderheid aktiewe lidmate is 60+ jaar. Tydens ’n brugbedieningsfase is die aard en missie van die gemeente as gefokus op eie lidmate (die meerderheid ouer lidmate en op ’n kleiner getal kinders) én die gemeenskap rondom ons. Daar is baie potensiaal met 300 Afrikaanse laerskoolkinders wat in Elspark-voorstad bly. Ons groot straatbord verklaar dat Jesusliefde en Jesuswoorde elke Sondag hier gekry sal word.
Leraarsprofiel:
- Persoon moet ’n ervare leraar met ’n passievolle uitlewing van sy/haar roeping wees.
- Op kreatiewe wyse die pligte van Art 9 van die Kerkorde kan uitvoer.
- Dinamiese en Skrifgetroue prediking met optimum gebruik van multimedia.
- Menseverhoudinge kan bou en onderhou, ook deur huis- en siekebesoek te doen.
- Sensitiewe pastor met ’n liefde vir die geestelike versorging van ouer lidmate, én ’n aanvoeling vir kinderbediening.
- ’n Passie vir missionale bediening en uitreik na ons wêreld se gesondheid en redding.
- Leierskap wat mense saamneem, iemand wat voor loop en voor bly.
- Kreatiewe mediabediening in die erediens en op sosialemediaplatforms.
Praktiese reëlings:
Die leraar moet naby genoeg aan Elspark woon om 25 uur per week by die kerk te werk en vier Sondae per maand hier te preek. Oornaggeriewe kan gereël word om reiskoste te verminder.
Vergoeding:
Sal met die suksesvolle kandidaat beding word billik vir verpligtinge van 50% van ’n leraarspos. Die maksimum bekostigbare TKVI is tans R220 000 en kan self gestruktureer word.
Aansoeke:
Aansoeke (bestaande uit ’n CV met besonderhede van drie referente, en ’n skakel na ’n onlangse video-opname van preek en/of sosialemediasnit) moet per e-pos gerig word aan die NG Gemeente Elspark by elspark0309@gmail.com.
Aansoekers wat die kortlys haal, sal gekontak word vir ’n onderhoud en moontlike preekbeurt.
Sluitingsdatum vir aansoeke: Vrydag 31 Maart 2023 om 12:00.
Navrae kan gerig word aan leierouderling Johan Oosthuizen 076 721 0044, of brugleraar dr Henk Gous 083 267 0108.
