Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die kerkraad van NG Gemeente Koster wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.
Vakature: Voltydse leraar
Sluitingsdatum: 16 Junie 2023.
Aanstellingsdatum: 1 Augustus 2023.
Gemeenteprofiel: Koster is ’n plattelandse dorp in Noordwes-Provinsie, 110 km vanaf Potchefstroom en 55 km vanaf Rustenburg. ’n Aftree-oord vir bejaardes is in die grense van die gemeente geleë. Die dorp het ’n sterk Afrikaanse laer- en hoërskool. ’n Groot deel van ons gemeente is aan boerdery (saai, vee en wild) verbonde. Die gemeente bestaan uit ongeveer 330 belydende lidmate en 60 dooplidmate wat verdeel is in nege plaaswyke en 16 dorpswyke.
Leraarsprofiel: Ons is op soek na ’n leraar van die NG Kerk wat ’n liefde het vir die platteland, en wat bereid is om saam met ons as gemeente op reis te gaan om God se plan vir ons dorp te leer ken en ook uit te leef. Dit sal lekker wees as dit iemand is wat deur ’n aansteeklike passie vir Christus verhoudings bou met die mense in die omgewing.
Ander vereistes: Ons is opgewonde om te sien wat die Here oor ons pad stuur. Ons sien uit om te sien op watter unieke manier die Here ons verras deur ’n persoon na ons te stuur met unieke gawes en belangstellings, en wat dit ook gebruik om die koninkryk te laat kom in Koster. Ons wil graag saam die Here se wil soek in alle opsigte van die bediening, en wil graag sien wat die rigting is wat die Here ons in stuur op die oomblik.
Vergoedingsvoordele: Ons is dankbaar teenoor die Here dat Koster gemeente in ’n gesonde finansiële posisie is en daarom kan ’n vergoedingspakket volgens die sinodale raamwerk onderhandel word. Met die gewone voordele verbonde aan so ’n aanstelling. ’n Ruim pastorie is deel van die vergoedingspakket. Die pastorie beskik oor ’n boorgat en betroubare kragopwekker.
Help ons asseblief om jou beter te leer ken deur jou CV met persoonlike besonderhede, onlangse foto, asook name en kontakbesonderhede van drie referente te e-pos aan Michelle Roets by ngkerkkoster@gmail.com
Navrae: Buks Marais – 083 455 2264 (leierouderling) en Michelle Roets – 083 894 8871 (skriba).
Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
