Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Newcastle: Vastetermyn leraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vastetermyn leraarspos met die opsie van ’n voltydse aanstelling

Sluitingsdatum: 12 Mei 2023.

Met groot opgewondenheid en in biddende afhanklikheid van die Here, stel die kerkraad van die NG Gemeente Newcastle (Moedergemeente) ’n vastetermyn leraarspos, bekend. Ons nooi gelegitimeerde predikante en proponente om vir hierdie pos aansoek te doen.

GEMEENTEPROFIEL:

Die Moedergemeente in Newcastle is een van die oudste gemeentes in KZN en het onlangs haar 140 jaar van genade gevier. Die gemeente bestaan uit ongeveer 160 belydende lidmate waarvan die helfte ouer as 55 jaar is met nagenoeg 40 kinders.

Hoewel Newcastle die derde grootste dorp in die provinsie is, het die gemeente die pastorale behoeftes wat met ’n plattelandse gemeenskap geassosieer word.

ONS FOKUS:

Die NG Gemeente Newcastle wil onder die leiding van die Heilige Gees ons roeping uitleef met ons visie “Christus is ons Alles.”

Ons missie is om ’n gesins-familie-vriendelike kultuur vir alle ouderdomsgroepe in die gemeente te skep.

LERAARSPROFIEL:

Gelegitimeerdes van die NG Kerk wat ampspligte sal nakom soos omskryf, met Artikel 9 van die Kerkorde as riglyn.

Indien jy 45 jaar of jonger is en kans sien om saam met ons op hierdie geloofsreis te stap, nooi ons jou om aansoek te doen vir die pos.

Aanbevelings vir die pos:

  • Oortuig wees van die roeping om as leraar op die platteland, diensbaar te wees.
  • Oor ’n gesonde waardering vir die gereformeerde tradisie beskik.
  • Skrifgetrou en dinamies preek met ’n aanvoeling vir liturgie en aanbidding.
  • ’n Aanvoeling en liefde vir kerkmusiek en sang sal in die aansoeker se guns tel.
  • Bereid is om nuwe tegnologie, soos elektroniese media in die bediening, te gebruik.
  • ’n Hart het vir huisbesoek en persoonlike kontak met lidmate.
  • ’n Passie het vir die jeug, gemeentebediening en groei van die gemeente.
  • Meelewend is en die gemeente met die nodige deernis, liefde en sorg sal dien.
  • Oor Geesvervulde, energieke leierseienskappe beskik, ten einde gemaklik in ’n span te kan saamwerk.

VERGOEDING EN VOORDELE:

Die vergoedingpakket is onderhandelbaar, ooreenkomstig sinodale riglyne.

Byvoordele en behuisingsubsidie word aangebied.

AANSOEK: ’n CV (maksimum drie bladsye) met die name en kontakbesonderhede van drie onlangse verwysings.

Aansoekers sal ’n bedieningsgerigte vraelys moet voltooi, wat saam met jou CV ook voor die sluitingsdatum ingedien moet word.

(Die vraelys is beskikbaar by – ngkerknewcas@telkomsa.net of investormail@wiselink.co.za).

Deur die indiening van hulle CV’s, gee kandidate toestemming dat die inligting soos vervat in hulle CV, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing, deur die NG Gemeente Newcastle vir die beroepingsproses gebruik kan word om self ook inligting aangaande die aansoeker, in te win.

Stuur asb die aansoek per e-pos na die kerkkantoor, NG Gemeente Newcastle: ngkerknewcas@telkomsa.net

Die sluitingsdatum vir ontvangs van jou CV is 12 Mei 2023.

Kandidate wat oorweeg word, kan vir ’n gesprek, preekbeurt en onderhoud genooi word.

Diensaanvaarding: Augustus 2023.

Vir enige navrae kontak:

Peet Liebenberg – 082 809 9517, investormail@wiselink.co.za

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.