Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Oranjemund en Rosh Pinah: Leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Oranjemund is in die suidwestelike hoekie van Namibië net oorkant die Oranjeriviermond by Alexanderbaai. Rosh Pinah is 100 km oos van Oranjemund en die gemeentes werk saam as een gemeente met twee bedieningspunte. Die gemeente is in die Suide Ring van Namibië. Die twee dorpe is totaal afhanklik van mynbou en die gemeente het in totaal sowat 150 belydende lidmate.

Die gemeente betree ’n nuwe tydvak as gevolg van omgewingsontwikkeling wat aanpassings in ons bedieningsbenadering noodsaak. Die gemeente het al baie kleiner geword en is saam met die hele ring besig om ’n nuwe bedieningstrategie te ondersoek. Die leierskap glo dat die gemeente ’n voltydse predikant kan bekostig om leiding te gee, die nuwe omstandighede te bepaal en te interpreteer vir die toekoms.

Leraarsprofiel: Ons bid dat die Here vir ons ’n toegewyde kind van Hom sal stuur wat geroepe is om ons op hierdie pad te kan lei en saam met die gemeente hierdie ontdekkingsreis wil betree. Ons benodig begeleiding met verhoudingsbou in pastorale versorging, visionering vir die toekoms en begeleiding met gemeenteroeping. ’n Handevataksie van sinvolle besoek en ondersteuning is saam met die ontwikkeling van ’n funksionele bedieningstruktuur noodsaaklik.

Vergoeding:

Ons vertrou dat ons binne sinodale riglyne sal kan onderhandel. Die gemeente voorsien ’n ruim pastorie.

Aansoek:

Enige gelegitimeerde predikant van ons kerk wat geroepe voel om by hierdie span aan te sluit word genooi om voor 19 April 2023 ’n CV van maksimum drie bladsye en drie referente aan die onderstaande adres te stuur. Kandidate op ’n kortlys moet bereid wees om genooi te word om te kom kuier. Onderhoude kan moontlik ook deur middel van ’n Zoomvergadering hanteer word.

Navrae:

Jack Wasserfall (voorsitter van die kerkraad) +264 81 127 1128.

Ds Bennie Brink (konsulent) +264 81 148 6244 of per WhatsApp: +27 82 337 5458.

(Namibiënommers kan per WhatsApp of WhatsApp Call gekontak word).

Adres:ngkomd3@gmail.com

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.