Vyf stappers is tans in die Overberg op ’n verkenningstog om die jongste toevoeging tot die netwerk roetes onder die vaandel van die Pelgrimstog van Hoop te deurtrap en die Overbergse gasvryheid sommer bietjie te proe-toets.
Ná die gewildheid van die Tuinroete-pelgrimstog, waaroor Kerkbode in 2021 berig het en wat reeds honderde rooihoed-stappers in hierdie vorm van aktiwiteit begelei het, word daar nou gekyk na ’n roete wat stappers oor sowat 16 dae stuur van Mosselbaai na L’Agulhas stuur – vuurtoring tot vuurtoring … met heelwat grondpad en natuurskoon tussendeur. Die beplande afstand is altesaam sowat 330 kilometer (tussen 15 en 28 kilometer per dag).
Dr Gerrie van Deventer, afgetrede dominee van Mosselbaai en touleier van die ekspedisie, verduidelik meer in die video hierbo.
Met publikasie van hierdie storie span die stappers by die spogplaas Nachtwacht by Bredasdorp uit en die eindpunt wink by die suidelikste punt van die vasteland.


Lees meer oor pelgrimstogte: die etos en agtergrond: https://pelgrimstogvanhoop.com/
Kyk meer oor die Tuinroete-pelgrimstog:
