Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Gemeentes Sondagsrivier (Kirkwood) en Sondagsrivier-Suid (Sunlands): Leraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.


Termynbepaalde leraarspos: drie jaar kontrakperiode (verwagting is om na voltydse leraarspos om te skakel)

Beide gemeentes is geleë in die pragtige Sondagsriviervallei waar daar hoofsaaklik met sitrus geboer word. Die gemeentes is ongeveer 25 kilometer van mekaar geleë.

Die leraar se standplaas sal by Sunlands wees waar daar ’n ruim pastorie as huisvesting aangebied word. Die leraar sal vir die volledige bediening, soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde, in Sunlands verantwoordelik wees. Daar is ook sekere bedieningsterreine, onder andere die skoolgaande jeug en jong volwassenes, pastoraat, sowel as sommige eredienste in Kirkwood wat spesifiek die leraar se verantwoordelikheid sal wees.

Die leraar sal as leraar in Sunlands bevestig word en staan dus onder die opsig en toesig van Sunlands se kerkraad.

Vir beide die gemeentes is dit belangrik dat die gemeentes as liggaam van Christus sal funksioneer en dat die groter koninkryk van God se belange in alles voorrang sal geniet.

Gemeenteprofiel:

  • Beide gemeentes is in boerderygemeenskappe gevestig.
  • Sunlands het 102 belydende en 12 dooplidmate, terwyl Kirkwood 778 belydende en 216 dooplidmate het.
  • Daar is baie jongmense in die vallei werksaam.
  • Kirkwood beskik oor ’n baie goeie laer- en hoërskool.

Leraarsprofiel:

  • Die leraar moet oor volle ampsbevoegdheid binne die NG Kerk beskik.
  • Die leraar moet verkieslik nie ouer as 40 jaar wees nie.
  • Die leraar moet bereid wees, en hom/haar daartoe verbind, om tot heil van die gemeente en tot eer van God, saam met die leraar van Kirkwood te werk in die spesifieke toegewysde bedieningsterreine op Kirkwood.
  • ’n Musikale aanleg kan in die leraar se guns tel.

Vergoeding:

  • R600 000 per jaar as Totale Koste van Indiensneming (behuising is hierby ingesluit).

Aansoeke:

  • Stuur aansoeke na pre-advieskommissie: ngsunland@gmail.com
  • Help ons in die aansoek, van nie meer as vier bladsye nie, om jou beter te leer ken en veral waarom jy dink dit vir Sunlands en Kirkwood goed sal wees om jou as leraar te hê.
  • Kandidate wat die kortlys haal sal gekontak word met die oog op persoonlike gesprekke en preekgeleenthede.

Navrae: 

  • Ds Jaques Grobler: 082 812 6785.
  • Ds André Lötter: 084 371 3882.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 7 Mei 2023.

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n beroep uit die aansoeke uit te bring of ’n aanstelling te maak nie.


Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.