Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

Elders gelees | Hugenote Kollege: Annette Potgieter aangewys as dekaan van Skool vir Teologie en Bediening

Die amptelike persverklaring wat hieronder ingesluit word, is nie 'n nuusberig deur Kerkbode nie. Die persverklaring word in sy geheel hier gepubliseer vir die rekord en ter wille van lidmate se vrye toegang tot amptelike inligting in die kerk.


Dr. Annette Potgieter is aangestel as die nuwe dekaan van die Skool vir Teologie en Bediening by Hugenote Kollege op Wellington, luidens ’n verklaring uit die kantoor van die rektor, prof Nelus Niemandt, wat op 12 April uitgereik is. 

Die verklaring lui: “Potgieter is sedert 2020 deel van die Hugenote Kollege-familie en het ook ’n groot rol gespeel in die vestiging van die aanlyn BTh-graadprogram.

Dr. Annette Potgieter

Sy is ’n uitgelese navorser wat al 5 boeke gepubliseer het. Sy het ook verskeie hoofstukke in akademiese boeke en wetenskaplike joernale gelewer. Annette het in 2019 haar Doktorsgraad in Nuwe Testament (cum laude) by Humboldt Universität  in Berlyn verwerf. Die boek gebaseer op haar tesis “Contested Body: Metaphors of dominion” is gratis op AOSIS se webwerf beskikbaar. Sy  het ook die volgende grade aan die Universiteit van Pretoria verwerf: MTh Nuwe Testament (cum laude); MA Antieke tale en kulture (cum laude); MDiv (cum laude); BA (Hons) Antieke tale en kulture (cum laude) en BTh (cum laude). Sy stel veral belang in die vroeë Christendom en hoe vroeë Christene hul geloof uitgeleef het. Dit vind neerslag in haar navorsing wat hoofsaaklik met metafoor teorie en “Critical space theory” werk in Pauliniese literatuur.

LEES OOK: Hugenote Kollege vier eerste ‘eie’ gradeplegtigheid

Sy het die leiding geneem met die aanbied van verskeie konferensies en het ook daarin geslaag om interdissiplinêre samewerking tussen teologie en maatskaplike werk te stimuleer met konferensies soos “Rethinking resilience: Reflections on teaching, learning and health in a time of Covid­19”.

Dr Potgieter het al verskeie pryse gewen. As student het sy die Vise-kanseliersmedalje gewen vir die beste voorgraadse student. Sy het ook die Desmond Tutu-Gerrit Brand prys ontvang vir die beste teologie debuutboek vir haar breinbaba  Jong teoloë praat saam…oor God, gemeentes en geloof.

Hugenote Kollege sien uit na die bydrae wat een van ons land se dinamiese jong teoloë kan maak en is oortuig dat sy haar baanbrekerswerk in aanlyn onderrig kan voortsit en uitbrei.

Sy aanvaar haar nuwe pos op 1 Sep. 2023.”


  • Het jy nuus? Kontak ons gerus per Whatsapp by 072 149 1969 of e-pos: kerkbode@tydskrifte.co.za.
  • Hierdie artikel is ’n mediavrystellings of storie wat aan Kerkbode gestuur is. Dit is geredigeer vir lengte, maar basies gepubliseer soos dit ontvang is. 

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.