Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Morgenzon / Debruinpark-Ermelo: Vastetermyn-kombinasiepos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

NG MORGENZON\DEBRUINPARK-ERMELO

VASTETERMYN-KOMBINASIEPOS

 

Die NG Gemeentes Morgenzon en Debruinpark-Ermelo stel in biddende afhanklikheid die volgende kombinasiepos bekend. Dis ’n driejaarkontrakpos. 

Kombinasie tussen Morgenzon en Debruinpark word verdeel in 70% Morgenzon en 30% Debruinpark. Morgenzon is die ankergemeente.

Drie jaar – sinodaleskaal as riglyn.

Plek van verblyf onderhandelbaar.

Die daarstel van ’n kombinasieleraarspos tussen die twee gemeentes is nie uit nood gebore nie. Albei gemeentes is tans finansieel gesond. Ons is daarvan oortuig dat albei gemeentes uit samewerking voordeel kan trek.

Morgenzon is in ’n tipiese plattelandse gemeenskap geleë op die Mpumalanga-hoëveld

Morgenzon het 128 belydende en 48 dooplidmate.

Debruinpark is een van drie NG gemeentes in Ermelo. Ermelo Debruinpark het twee leraars.

Ermelo is ’n dinamiese dorp met handels-, opvoedkundige, landbou- en mynbedrywighede. Debruinpark het 650 belydende lidmate en 180 dooplidmate.

http://www.ngdebruinpark.co.za/ 

Profiel van die Leraar.

Uitbou van ’n dinamiese erediensbelewing. 

Goeie menseverhoudinge wat deur huisbesoeke en persoonlike kontak uitgebou word.

Persoon wat in spanverband kan werk ten einde die nuwe kombinasie te ontwikkel.

Meelewend met die gemeenskap en gemeentes. 

Belangstellendes moet beskikbaar wees vir onderhoude.

  

Navrae: Ds Dion van Dyk sel: 072 317 0407. E-pos: dionvdyk@mweb.co.za

Ds DF Ehlers sel: 066 303 9757.  E-pos: difehlers@gmail.com

Aansoeke: CV met referente: Na enige van bostaande e-pos adresse.

Sluitingsdatum: 23 Mei 2023.

Die kerkaad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top