Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
NG PRETORIA-OOSTERLIG
Ons nooi jou om deel te word van ons span by NG Pretoria-Oosterlig
VAKATURE: MEDELERAAR: DISSIPELSKAP EN KLEINGROEPE
Sluitingsdatum: 31 Mei 2023.
Dienstermyn: Voltyds
Leraarsprofiel:
- Geestelike volwassenheid en liefde vir die Here.
- Behoudende siening en interpretasie van die Skrif.
- Moet gemaklik wees met die kernwaardes van ons gemeente (Missional, Transformational, Incarnational & Relational).
- Deelnemende spanspeler.
- Moet ’n hart hê vir die mense van Afrika.
- Effektief om groepe mense rondom ’n saak te verenig.
- Moet in ’n snelveranderende omgewing kan werk, dus ’n hoë aanpasbaarheid.
- Gaan sinvolle dissipelskap moet kan vertaal na kleingroep-netwerke.
- Ten volle rekenaarvaardig en taalvaardig in Afrikaans en Engels.
- Die pos is ook oop vir diensleraars om aansoek te doen.
Vergoeding en voordele:
- Onderhandelbaar, met sinodale skaal as riglyn.
Aansoek en navrae: Stuur e-pos na: ely@oosterlig.co.za
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
Geborg
