Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Gekombineerde NG Gemeentes Keimoes en Neilersdrift: Leraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Gekombineerde NG Gemeentes Keimoes en Neilersdrift

Vakature: Leraarspos

 

GEMEENTEPROFIEL:

  • NG Gemeente Keimoes en NG Gemeente Neilersdrift is twee plattelandse gemeentes, langs die Oranjerivier, 40 km suidwes vanaf Upington, (en ongeveer 4 km van mekaar geleë) met ’n bedieningsgebied van 20 km weerskante van die rivier.
  • Die twee gemeentes het nou gekombineer met die kontraktuele verbinding om gesamentlik een predikant te beroep op ’n 50/50-basis. Die twee gemeentes het twee kantore, twee skribas en twee afsonderlike kerkrade met ’n gesamentlike dagbestuur.
  • NG Gemeente Keimoes het 11 wyke met 290 belydende lidmate en 63 dooplidmate terwyl NG Gemeente Neilersdrift ses wyke met 246 belydende en 70 dooplidmate het.
  • Wat die twee gemeentes gesamentlik betref, maak die dooplidmate 19% van die totaal uit en die lidmate ouer as as 59 jaar maak 44,5% van die totale lidmaattal uit.
  • In die bedieningsgebied is ook ’n privaatskool tot graad 7, asook ’n aftree-oord met 20 senior burgers.

 

LERAARSPROFIEL:

  • Pligte soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde.

 

VERGOEDING:

  • Onderhandelbaar volgens die sinodale skale as riglyn.
  • Die leraar ontvang ’n huissubsidie en hy/sy kan dan ’n huis huur of koop. Daar is ook twee pastorieë beskikbaar indien hy/sy dit wil huur met die beskikbare subsidie.

 

AANSOEKE:

  • ’n Dekbrief waarin u die redes verskaf vir u belangstelling in die pos.
  • ’n Verkorte CV met name en kontakbesonderhede van referente.
  • ’n Kort bekendstellingsvideo waarin u bedieningservaring, bedieningsvoorkeur, bedieningsvisie en besondere gawes beskryf word.
  • Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en om psigometriese toetse te ondergaan.

 

RIG AANSOEKE AAN:

 

NAVRAE:

  • Ds P Blaauw (konsulent) 082 788 7665.
  • Ds L Louw (konsulent) 084 211 0211.

 

SLUITINGSDATUM: 12 Mei 2023.

Die gemeentes behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.