Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Durbanville-Bergsig: Uitreike- en Seniorskoördineerder

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

NG Durbanville-Bergsig: Uitreike- en Seniorskoördineerder

Sluitingsdatum: 30 April 2023.

Diensaanvaarding: 1 Julie 2023.

Die Gemeente Durbanville-Bergsig nooi verkieslik lidmate van die NG Kerk uit om aansoek te doen vir bogenoemde pos. Dit is ’n kontrakpos vir drie jaar wat verder verleng kan word.

 

GEMEENTEPROFIEL:

Durbanville-Bergsig is in Durbanville (Wes-Kaap) geleë en bedien ongeveer 3 500 belydende lidmate en 1 500 dooplidmate. Die gemeente is goed verteenwoordig deur verskillende generasiegroepe (van gesinne met kinders tot senior lidmate). Die gemeente het ’n wye verskeidenheid van bedieninge.

Van belang vir dié pos is die gevestigde uitreikebediening wat fokus op projekte op ons voorstoep en oor grense heen asook die seniorbediening. Die uitreikbediening het geregistreerde projekte, elk met ’n projekleier en span om te help met die werksaamhede. Die seniorbediening is ook goed gevestig met ’n vrywillige hulpwerkerspan wat die seniors bedien. Die suksesvolle kandidaat gaan saam met die bedieninge werksaam wees.

 

KWALIFIKASIE EN ONDERVINDING:

  • Tersiêre kwalifikasie in verkieslik Gemeenskapswerk en of Maatskaplik.
  • Verkieslik ervaring van drie jaar of meer in ’n gemeente-opset.

KOÖRDINEERDERPROFIEL: UITREIKE- EN SENIORBEDIENING:

  • Goeie netwerkskakeling, verhoudingsbou en koördinering met:

uitreikekomitee, vrywillige hulpwerkers, seniorlidmate, sendelinge, vennote, donateurs en interkerklike en gemeenskapverband.

  • Sterk leierseienskappe en ’n gawe om met vrywilligers en projekleiers van uitreikprojekte te werk.
  • ’n Spanspeler  met ’n hoë premie op menseverhoudings.
  • Emosioneel en geestelike volwasse volgeling van Jesus Christus.
  • Moet gemaklik wees met die gebruik van nuwe tegnologie en virtuele kommunikasie.
  • Goeie organisatoriese en administratiewe vaardighede.

 

WERKSURE:

Maandae – Vrydae 8:00 – 13:00 (5 ure).

Vanweë die aard van die bedrywighede van die gemeente, word daar van tyd-tot-tyd van die werknemer verwag om pligte buite haar normale werksure te verrig.

 

VERGOEDING:

Volgens voorgeskrewe riglyne.

AANSOEKE:

Belangstellendes moet asseblief ’n e-pos stuur aan dvk@bergsigdv.co.za met die volgende inligting:

  • ’n Volledige CV.
  • Drie toepaslike referente.
  • ’n Kort selfoonvideo van twee minute, waarin jy jouself voorstel en motiveer waarom jy die geskikte kandidaat is vir die pos.

 

VERTROULIKHEID:

Alle inligting wat voorsien word sal as vertroulik hanteer word slegs vir die doeleindes waarvoor dit ingewin word. Neem kennis dat die inligting gedeel word binne verskillende afdelings van NG Kerk Durbanville-Bergsig en dat hiermee toestemming gegee word dat Bergsig die inligting kan prosesseer. NG Kerk Durbanville Bergsig voldoen aan die vereistes van die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Wet 4 van 2013 “POPIA”.

 

ALGEMEEN:

Alle navrae kan gerig word aan bogenoemde e-posadres.

Alle kandidate sal teen 7 Julie 2023 laat weet word of hulle suksesvol/onsuksesvol was.

Durbanville-Bergsig Gemeente behou haar die reg voor om geen aanstelling te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top