Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Warmbad-Wes, Bela Bela: Voltydse leraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

NG Gemeente Warmbad-Wes, Bela Bela

Vakature: Voltydse leraarspos (Vlak 4 van sinodale riglyne)

 

Gemeenteprofiel:

Warmbad-Wes Familiekerk is een van twee NG gemeentes in Bela Bela, ’n dorp ongeveer 110 km noord van Pretoria langs die N1. Hier is ’n laer- en hoërskool op die dorp.

Na die emeritaat van twee leraars kort na mekaar, is een leraarspos reeds gevul en is die kerkraad in die proses om ’n tweede leraar te beroep.

As gemeente van Jesus Christus streef ons daarna om liefde te leef tot eer van God. Ons visie is “Ons is God se lig vir die wêreld!” (Matt 5:14) en ons missie: “Elkeen, deur die Gees, ’n ligdraer wat die Woord van die lewe uitdra” (Fil 2:15-16).

Ons fokus op gesins- en familiebediening waardeur ons oud en jonk tot dissipelskap begelei. Die bou van gesonde verhoudings na buite, glo ons, is die platform vir uitreik met die evangelie. Ons leef met ’n diepe bewustheid dat die Here ons seën om ander te seën.

Ons het ’n lidmaattal van ongeveer 970 lidmate waarvan 125 dooplidmate is.

 

Leraarsprofiel:

Enige gelegitimeerde leraar of proponent van die NG Kerk wat aan die volgende vereistes voldoen, word uitgenooi om biddend aansoek te doen:

Passievolle en lewende verhouding met God.

Bediening van die totale gemeente soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde, met fokus op die volgende:

  • Dinamiese en aktuele erediensleiding (Bybel- én belydenisgetrou).
  • Passievol oor gesins- en jeugbediening.
  • Goeie een-tot-een verhoudings met mense.
  • Hartlike spanspeler.
  • Gemaklik in die gebruik van multimedia en ander sosiale platforms om die prediking en gemeente-aktiwiteite te ondersteun en bevorder.

Pligte:

  • Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
  • Fokus van bediening op jonger gesinne en lidmate.

 

Vergoeding en voordele:

  • Onderhandelbaar, met sinodale skaal tot vlak 4 as riglyn.
  • Pastorie met munisipale dienste, selfoontoelae.

 

Aansoek:

Stuur asseblief volledige CV met inligting rakende bedieningservaring asook die name van gemeentes waarby jy betrokke was en steeds is voor of op 14 Mei 2023 na: ngkwbwes@lantic.net gerig aan die Voorsitter: Taakspan Beroeping.

Die name en kontakbesonderhede van drie onlangse verwysings is belangrik.

Kandidate wat oorweeg word, kan vir ’n gesprek en preekbeurt genooi word.

 

Met die indiening van ’n CV, gee kandidate toestemming dat die inligting soos vervat in hulle CV, onderworpe aan die terme en bepalings van die POPI-wetgewing, deur die NG Gemeente Warmbad-Wes vir die beroepingsproses gebruik kan word om self ook inligting aangaande die aansoeker, in te win.

 

Sluitingsdatum: 14 Mei 2023.

Diensaanvaarding: 1 September 2023 of soos onderling ooreengekom.

 

Navrae:

  • Ds Riaan Odendaal (082 497 1891).
  • Jimmy Marx (leierouderling) (082 577 3690).

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.