Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die kerkraad van wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.
VAKATURE: VOLTYDSE ONBEPAALDE LERAARSPOS
Sluitingsdatum: 15 Mei 2023.
Dienstermyn: Onbepaald.
Gemeenteprofiel: Theunissen is ’n goedgevestigde, plattelandse boeregemeenskap, in die Vrystaat. Die gemeente bestaan uit 210 lidmate en 35 dooplidmate.
Leraarsprofiel:
- Aansoeker moet ’n gelegitimeerde leraar van die NG Kerk wees.
- ’n Sterk gereformeerde teologiese uitkyk met besondere klem op die suiwerheid van die leer soos verwoord in die belydenisskrifte.
- Entoesiasme vir die opbou van die gemeente deur persoonlike kontak met lidmate, pastoraat en huisbesoek.
Pligte:
- Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
Vergoeding en voordele:
- Onderhandelbaar, met sinodale skaal as riglyn.
- Pastorie met munisipale dienste, selfoontoelae. (verblyf kan ook onderhandel word.)
Aansoek: Stuur CV na: ngkerktheunissenwes@gmail.com
Diensaanvaarding: Onderhandelbaar.
Navrae:
- T Stander – skriba – 060 529 6026.
- J Stander – voorsittter van kerkraad – 083 576 6239.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
Geborg
