Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die Gemeenskapkerk / The Community Church: Voltydse leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die Gemeenskapkerk/The Community Church

Vakature: Voltydse leraar, onbepaalde termyn

Sluitingsdatum: 05 Junie 2023.

Diensaanvaarding: 1 Oktober 2023.

Meer oor ons:

Ons is ’n kosmopolitaanse, vinnig uitbreidende gemeenskap wat Parklands, Parklands-Noord, Sunningdale, Du Noon en Sandown in die Table View/Blouberg-area bedien. Die ongeveer 150 lidmate bestaan uit ’n balans van jonger werkende lidmate, ’n middelgroep ouers met kinders en ’n hele aantal senior lede. Almal praat ’n kombinasie van Afrikaans, Engels en Xhosa. Ons is ’n gemeenskap sonder fieterjasies vir wie omgee, aanspreeklikheid vir mekaar en inklusiwiteit belangrik is. Saam wil ons verhoudings bou asook vernuwend en innoverend wees. Hopelik kan ons saam met ’n brugbouer en spanbouer werk wat ons kleingroepe sal uitbrei en stimuleer sodat God se boodskap ons gemeenskap – en selfs buite die grense van die onmiddellike gemeenskap – kan bereik en versterk.

Ons nooi jou graag om aansoek te doen om hierdie gemeente se permanente leraar te word.

  • Vir ons is die belangrikste dat ons leraar ’n dienaar van God en daarna ’n dienaar in die kerk is.
  • Ons wil jou nie beperk tot die Kerkorde Artikel 9 se pligstaat nie, maar ons wil jou nooi om op jou natuurlike, unieke manier, dit wat God op jou hart lê met die gemeente te deel en só sy kerk te bou.
  • Ons soek nie die “perfekte” mens nie. Ons wil net iemand hê wat opreg, eerlik en hardwerkend is. Dit is vir ons belangrik dat ons leraar moet weet waar sy/haar beperkings lê en nie bang is om soms broos te wees of moeilike take en boodskappe oor te dra nie.
  • Die beste leraar vir ons, moet gewillig wees om te luister en die bediening met ander te deel, sodat ons netwerke kan skep, wat ons gemeente en gemeenskap kan groei.

Verhoudings is vir ons die belangrikste waarde in ons gemeente en daarom wil ons graag hê dat die kandidaat goeie verhoudings sal hê met alle generasies in ons gemeenskap, maar ons het ’n groot behoefte aan iemand wat (veral) met die jeug ’n goeie verbintenis kan hê.

Musiek of die gawe en liefde vir musiek is ook vir ons belangrik, net so is energie, kreatiwiteit en vernuwende denke wat toekomsgerig is.

Die fondament van ons leraar se teologie moet altyd van God wees en dit moet spruit uit sy eerstehandse ontmoeting en reis met die Here. Hy/sy moet hierdie teologie op ’n entoesiastiese en verstaanbare manier kan verduidelik om ook sodoende die gemeente se kennis te verdiep en hulle verhouding met die Here te versterk.

As jy ons beter wil leer ken, kan jy gerus gaan kyk na ons Facebook-blad by https://www.facebook.com/DGK.TCC

Help ons om jou te leer ken deur ’n kreatiewe CV, van nie langer as drie bladsye nie, insluitende ’n skakel na aanlyn eredienste deur jou, asook ’n video met ’n kort preek, te stuur na admin@communitychurch.co.za

Ons sal graag ook die name en kontakbesonderhede van drie referente ontvang.

Die sluitingsdatum vir die ontvangs van CV’s is 5 Junie 2023 om 12:00. Ons sal jou CV deeglik oorweeg en mag dan besluit om jou te nooi vir ’n onderhoud en dalk ’n preekbeurt.

Ons sal jou graag materieel versorg met ’n pakket gelykstaande aan die sinodale riglyne. Ons is ook bereid om na jou behoeftes te luister en daaroor te onderhandel.

Jy mag navraag doen by Mandy Johannes (078 744 1436 /073 890 5999 /admin@communitychurch.co.za).

Die gemeenteleiding het die reg om nie noodwendig ’n aanstelling te maak uit die aansoeke nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top