Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Leef die Woord – NG Warmbad
’n Geloofsgemeenskap met ’n Koninkryksvisie, Woordgesentreerd, daarom is ons leuse: “Leef die Woord”
Kernwaardes
Diensbaarheid, Respek, Verdraagsaamheid, Samehorigheid en Vreesloosheid in die dra en verspreiding van die evangelie.
Visie: “Om die nood te verlig.”
As jy uit liefde vir, en toewyding aan, Christus en sy mense, in die Koninkryk wil leef en dien is hierdie dalk net die gemeente waar jy tuis sal wees.
Ons soek ’n leraar wat:
- Toegewyd aan Christus leef en dien.
- Die gesag van die Skrif as heilig en onfeilbaar aanvaar.
- Getrou en vreesloos die gereformeerde teologie en leer aangaande Christus soos verwoord in die belydenisskrifte en Apostoliese geloofsbelydenis, onderskryf.
- Inkoop in die visie, waardes en etos van die gemeente.
- Jonk en dinamies is en sterk leierskap kan neem.
- Energiek is om jong gesinne en jong volwassenes te bedien en motiveer.
- Kreatief kan wees in eredienste, reekse en jeugaktiwiteite.
- Nuut kan dink oor kerk in ons huidige uitdagende tyd.
- Sterk gemeenskapsfokus sal werk met die oog op ontwikkeling van missionale kerkwees.
Posbeskrywing:
Die pos is vir ’n gemeenteleraar wat in ons diverse gemeente verantwoordelik is vir die volle spektrum van bediening, met besondere fokus op jeug binne die gemeente asook in die gemeenskap.
Vereistes/verantwoordelikhede:
- Gelegitimeerde van die NG Kerk.
- Kom al die ampspligte van Art 9 na.
- Gesinsbediening en jeug in die gemeente en gemeenskap as fokusarea.
- Neem medeverantwoordelikheid saam met kerkraad, lidmate en kollegas vir die beplanning en koördinering van bedieninge.
Algemeen:
Vergoeding volgens sinodale riglyne; vlak 1 tot 4 maksimum. Behuising in die pastorie is beskikbaar.
Aansoeke:
Ons nooi belangstellendes uit om op hulle eie manier, wat hulle kreatiwiteit en teologiese toon, aansoek te doen vir die pos. Die aansoek moet ten miste ’n resume en drie referente insluit.
Stuur aan: kantoor@ngwarmbad.co.za of skakel 064 9655 637.
Sluitingsdatum: 13:00 op 31 Mei 2023.
Diensaanvaarding: DV 1 Augustus 2023 of soos ooreengekom.
Die gemeente behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.
