Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Hugenote Kollege, Skool vir Teologie en Bediening: Dosent

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Junie 2023.

Diensaanvaarding: 1 September 2023.

Die Hugenote Kollege op Wellington is ’n privaat Christelike instelling wat naskoolse opleiding in Teologie en Kerklike Bediening, Maatskaplike Dienswerk en Sosiale Innovasie aanbied.

Die Skool vir Teologie en Bediening bied ’n SAQA-geakkrediteerde BTh-graad in Missionale Bediening, sowel as NG Kerkgeakkrediteerde bedienaarsopleiding aan lidmate en ander belangstellendes. Opleiding word vanuit ’n gereformeerde belydenisstandpunt per afstandonderrig aangebied en studente van alle Christelike kerkgenootskappe word verwelkom. In ooreenstemming met die etos van die kollege word naas die akademiese onderrig ook klem geplaas op die geloofs- en bedieningsvorming van studente.

Die suksesvolle aansoeker sal aan die dekaan rapporteer en verantwoordelik wees vir die aanbieding van kursusse wat deur die Skool vir Teologie en Bediening aangebied word en vir navorsing van hoë gehalte in ooreenstemming met die strategiese doelwitte van Hugenote Kollege. Die pos behels doseerverpligtinge, akademiese administrasie, die aanbied van kongresse en werkswinkels, navorsing en die uitbou van netwerke.

Ten einde aan die doel van die pos te beantwoord, sal van die posbekleër verwag word om aan die volgende kritiese prestasie-areas aandag te gee:

  • Akademiese afstandsonderrig.
  • Verteenwoordiging van Skool op rade en relevante forums.
  • Akademiese administrasie.
  • Selfontwikkeling.
  • Aanbied van voortgesette teologiese onderrig.

Aansoekers moet aan die volgende vereistes voldoen:

  • In besit wees van ’n PhD/DTh-graad in Teologie wat aan ’n geregistreerde universiteit in Suid-Afrika (of gelykwaardige instelling) verwerf is.
  • Ten minste twee jaar ervaring van akademiese onderrig aan ’n tersiêre instelling.
  • Bekend met Moodle/Blackboard en basiese rekenaarvaardighede.
  • Kreatief en innoverend.
  • Bewys van akademiese navorsingsuitsette.
  • Bewys van die vermoë om netwerke te vestig en in stand te hou.
  • Administratiewe vaardighede, wat insluit die vermoë om kongresse en werkswinkels te organiseer.
  • Iemand wat maklik in ’n span saamwerk en beskik oor goeie interpersoonlike vaardighede.

Meer inligting oor Hugenote Kollege is beskikbaar by www.hugenote.com

Navrae oor die pos kan gerig word aan dr André du Toit (afdutoit@hugenote.com tel: 021 873 1181).

Aansoeke, vergesel van ’n volledige akademiese CV en navrae kan gerig word aan me Hesmarie Bosman by bestuur@hugenote.com

Slegs aansoeke per e-pos sal aanvaar word.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.