Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vastetermyn-kontrakpos vir twee jaar vir ’n leraar of emeritusleraar.
Gemeenteprofiel:
Die NG Gemeente te Britstown wag in biddende afhanklikheid aansoeke in vir ’n leraar.
Britstown is ’n dorp in die Noord-Kaap en val binne die Ring van Hopetown. Behalwe vir die plaaslike besigheidsektor, het die dorp en gemeente ook ’n groot kontingent veeboere.
Die NG Kerk bestaan uit min of meer 80 belydende en 20 dooplidmate in vier plaaswyke en een dorpswyk.
Die gemeente bestuur ’n paar noemenswaardige projekte. Die Vroeëkinderontwikkeling-sentrum wat in 2018 gestig is, is ’n voorbeeld hiervan.
Ons het ’n sterk barmhartigheidsgrondslag en sien onsself as ’n omgeefamilie in Christus, Huis Daneel (Tehuis vir bejaardes) sowel as Gentlecare Versorgingsfasiliteit is twee van die belangrike besoekpunte op die dorp.
Die gemeente het ’n spesifieke behoefte aan ’n benadering tov ’n uitgebreide gesinsbediening waar jongmense, kinders, ouers en grootouers, gesamentlik en afsonderlik, saam geestelik bedien word in tye van verandering met bepaalde uitdagings.
Leraarsprofiel:
Gelegitimeerde NG predikante word genooi om aansoek te doen.
Skrif as die enigste onfeilbare Woord van God.
Toewyding aan sy roeping.
Dinamiese persoon wat beskik oor tegnologiese vaardighede.
Geestelike en emosioneel volwasse persoon met goeie kommunikasievaardigheid wat nie bedreig voel deur meningsverskille, en ook verandering binne die strategie van die gemeente nie.
Deelnemende, besorgde en liefdevolle menseverhoudinge.
Woordgetroue, inspirerende en verstaanbare prediking.
Energieke persoon met ’n passie vir geestelike versorging, met kreatiewe en vernuwende denke.
Respek vir tradisies en ’n passie vir die diversiteit van ’n plattelandse gemeente.
Vergoedingspakket:
Salarispakket van R370 000,00 per jaar.
Maksimum reiskoste van 1 000 km per maand ingesluit – ekstra reiskoste sal wanneer nodig vergoed word volgens tarief soos deur die sinode bepaal.
Behuising met water en elektrisiteit sal voorsien word.
Aansoeke: Alle aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV sowel as die name van minstens twee referente met kontakbesonderhede.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 16 Junie 2023.
Kontakbesonderhede:
Gemeentebestuurder: Ngkbritstown@gmail.com Talita Pringle, sel: 062 544 9220.
