Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature vir voltydse gemeenteleraar
Die gemeente maak in biddende afhanklikheid bogemelde vakature bekend met die voorneme om ’n begindatum vanaf 1 November 2023, met die leraar wat beroep sal word, te onderhandel. Die gemeente het tans ’n brugleraar, wat deeltyds bygestaan word deur emeriti. Daar word beplan om hierdie hulp uit te brei.
Gemeenteprofiel: Bellville-Riebeeck is ’n voorstedelike gemeente in Bellville, met ongeveer 780 lidmate waarvan byna 65% van die belydende lidmate bo 60 jaar is. Bellville-Riebeeck is verbind om ’n missionale gemeente te wees wat in gehoorsaamheid aan die kerk se goddelike roeping, die koninkryk van God te laat kom in die konteks waarin die Here die gemeente geroep het.
Leraarprofiel en vaardighede. Die suksesvolle applikant moet:
- ’n Gelegitimeerde NG leraar wees met minstens 10 jaar ervaring in die meeste bedieninge.
- Die gemeente se visie om sy missionale roeping uit te leef rondom die leuse: “Geroep om te kom … gestuur om te gaan!”, onderskryf.
- Energiek sy/haar roeping uitleef met die regte aanslag met jeug en kinders om hierdie bedieninge uit te bou.
- Iemand wees vir wie menseverhoudinge belangrik is, en wat dit kan bou en onderhou asook sterk in pastoraat onderlê is.
- Verstaanbaar en geïnspireerd eredienste lei wat ondersteun word deur besondere kennis van die Woord van die Here.
- Die vermoë hê om brûe te bou tussen verskillende portuurgroepe in die gemeente en kultuurgroepe in die gemeenskap.
- Die hoogste waardering hê vir die uiterste belangrikheid van bediening aan seniors.
Ander passies: Gebed; gesinsbediening; jeug- en kinderbediening in al sy fasette.
Vernaamste pligte: Buiten die bogemelde vaardighede en passies van die verwagte profiel, wat aanduidend is wat as primêr beskou word vir die gemeente, word uiteraard verwag dat die leraar alle pligte soos vervat in Art 9 van die Kerkorde sal uitvoer. Spesiale aandag sal verlang word in die volgende:
- Die leidende rol in gemeentebediening, jeugbediening, getuienisbediening en pastoraat.
- Huisbesoek en eredienste.
- Verseker dat die seniorbediening die aandag en ondersteuning geniet wat dit verdien.
Vergoeding: Sal met die suksesvolle kandidaat beding word volgens sinodale vergoedingskale van die Wes-Kaap. ’n Pastorie is nie beskikbaar nie en ’n behuisingsubsidie sal onderhandel word.
Aansoeke moet per e-pos gerig word aan Johann Strauss by: johann.strauss51@outlook.com en Egbert Steyn by: egbert@ngkbriebeeck.co.za.
Aansoeke moet die volgende bevat:
- ’n CV met besonderhede van drie referente.
- Voltooide vraelys – kontak die gemeente se kerkkantoor by kktoor@ngkbriebeeck.co.za vir die vraelys.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 22 Julie 2023.
Algemeen: Navrae kan gerig word aan Johann Strauss (voorsitter DVK), 082 904 2689, of Egbert Steyn (brugleraar), 082 820 0929. Kandidate wat op die kortlys geplaas word, sal gekontak word vir gesprekke en onderhoude.
