Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Mareetsane: Kontrakleraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Kontrakleraarspos
Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Julie 2023.
Gemeenteprofiel: Ons is ’n klein plattelandse gemeente met ongeveer 103 belydende lidmate en 31 dooplidmate wat buite die gemeentegrense skoolgaan. Hier word hoofsaaklik graan en beesboerdery beoefen. Ons gemeente is 60 km vanaf Mahikeng geleë. Ons val onder die Ring van Mahikeng en die Sinode van Noord-Kaapland, en skakel dienooreenkomstig by groter kerkverband in.
Leraarsprofiel: Geestelike groei en huisbesoek is vir ons belangrik. Die leraar moet aandag gee aan ouer en jonger lidmate. ’n Leraar wat lidmate sal toerus en bemagtig om deur hulle dienswerk, God se koninkryk in ’n toenemend demografies veranderende omgewing te laat kom, veral deur ’n missionale bedieningsgerigte model. Prediking en pastorale sorg is van sentrale belang in die kontrak. Artikel 9 van die Kerkorde en die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 66 van 1995, onderlê die inhoud en beginsels van die kontrak.
Vergoeding: Ons bied ’n vergoedingspakket van R28 000,00 (bruto) per maand aan, plus ’n dertiende tjek. Ander byvoordele is gratis bewoning van ’n ruim pastorie, asook gratis elektrisiteit en water. Vergoeding van reiskostes sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Julie 2023.
Aansoeke: Stuur volledige CV aan:
Die voorsitter van die kerkraad, per e-pos: ngkmareetsane@gmail.com
Navrae: Leierouderling: mnr Flip du Preez 082 389 9336.
Saakgelastigde: me Janneke Visser 082 544 9788.
Aanstelling sal minstens twee jaar wees met die moontlikheid dat dit verleng kan word.
Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n preekbeurt en ’n onderhoud, wat op koste van die gemeente sal geskied.
Die kerkraad behou hom steeds die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.